Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Nghipondoka-Robiati opgewonde om Namibië in Switserland te verteenwoordig
    Die voormalige uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge en handel, Ndiitah Nghipondoka-Robiati, is aangestel as Namibië se nuwe ambassadeur in Switserland en permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies-organisasies in Genève. Nghipondoka-Robiati het beloof om sterk te pleit vir Namibië se belange in belangrike multilaterale onderhandelinge, soos globale handel, arbeid, gesondheid, menseregte en migrasie, terwyl sy werk om bilaterale handels- en beleggingsbande met Switserland te verdiep.

    Ndiitah Nghipondoka-Robiati Maandag
    1 min
  • Omgewingministerie vorder goed met Etosha-heining-projek
    Die omgewingministerie vorder met sy meerjarige projek om Etosha Nasionale Park se noordelike heining teen 2030 volledig te herbou en te elektrifiseer. Woordvoerder Vilho Angula sê dat 35 kilometer voltooi is, insluitend 29,6 kilometer net vanjaar. Die werk het 'n begroting van 8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar om stropery te bekamp en te voorkom dat diere na naburige gemeenskappe uitbreek. Dit verskaf ook tydelike werk aan 75 plaaslike inwoners. Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Nonceba Mhlauli vra jongmense om aan verkiesings deel te neem
    Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met die voorbereidings vir die komende verkiesing. Mhlauli sê jongmense het 'n belangrike rol te speel om die toekoms van hul gemeenskappe te bepaal:
    1 min
  • Krieket: FNB Eagles speel gasheer vir 5 eendagwedstryde teen Ierland
    Die FNB Eagles sal gasheer speel vir Ierland vir 'n reeks van vyf eendag-wedstryde wat van 22 Oktober tot 1 November by die FNB Namibië-krieketveld en die hoë prestasie-ovaal in Windhoek sal plaasvind. Die toer sal ook 'n reeks T20-wedstryde tussen die Capricorn Eagles A-span en Ierland se onder-19-vrouespan insluit. Die reeks sal twee wedstryddae met spesiale temas aanbied, naamlik die Oktoberfest-krieketdag op 24 Oktober... en die Halloween-krieketdag op 30 Oktober. Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Ocean Conservation Namibia vra beter benadering vir "miljoen bome teen 2030"-plan
    Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia vra 'n wetenskaplik-ondersteunde benadering tot die omgewings-ministerie se plan om een miljoen bome teen 2030 te plant. Dreyer sê dat jong bome nie Namibië se droë klimaat sal oorleef sonder voortdurende sorg nie. Hy sê gelyke prioriteit moet gegee word aan die bekamping van die onwettige kap en oes van bome vir houtskool. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • ACT se Ace belowe praktiese oplossings vir ACT-stemmers
    Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die party sal gemeenskappe raadpleeg voor burgemeesters aangewys word in munisipaliteite waar die party aan bewind is. Magashule voer aan mense sonder 'n matrieksertifikaat moet ook as raadslede kan dien, aangesien kennis van die gemeenskap en lewenservaring geleenthede skep:
    1 min
  • Lucia Witbooi belowe N$10,000 vir Rundu Handelskou
    Visepresident Lucia Witbooi het 10 000 Namibiese dollar belowe vir die jaarlikse Rundu Handelskou tydens 'n fondsinsamelingsgala wat daarop gemik was om ‘n miljoen Namibiese dollar vir die geleentheid in te samel. Witbooi het die aanwesiges toegespreek en die strategiese posisie van Rundu en die Kavango-Oos-streek beklemtoon as 'n kritieke vervoer-, landbou- en logistieke poort wat Namibië met breër streeksmarkte verbind. Sy het plaaslike besighede aangespoor om moderne tegnologie te omarm om koste te verlaag, produktiwiteit te verhoog en hul markwydte buite onmiddellike geografiese grense uit te brei.
    1 min
  • Malema vra gratis universiteitsonderrig
    Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens 'n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om vas te stel of hul ouers SASSA-toelaes ontvang, eerder as om te vra of hul ouers werk het. Malema sê dit sal help om te verseker studente se finansiële omstandighede ontneem hul nie van toegang tot hoër onderwys nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.