Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Samewerking nodig om veldbrande te bekamp
    Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede vra boere, dorpsmense en gemeenskaplike inwoners om waaksaam te bly, onwettige houtskoolverbranding aan te meld en brandpaaie voor te berei. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Mislukte teregstelling 'uiterste vorm van wreedheid'
    Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel word. Woordvoerder Justin Mazzola het aan Reuters gesê dis die tweede keer in minder as vyf maande dat ʼn teregstelling in die staat misluk:
    1 min
  • KI op slimfone 'kan SME's hupstoot gee'
    Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale innovasie en handel kan posisioneer.
    1 min
  • George van der Merwe gesels oor El Niño-klimaatverskynsel
    Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature, weens druk wat in die atmosfeer verander:
    1 min
  • Akkerbouraad werk aan gewasversekeringsprogram vir Namibiese boere
    Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel word. Dit is om te verseker dat boere oor die nodige ondersteuning en hulpmiddels beskik om gewasproduksie te beskerm en voedselsekerheid te versterk.
    1 min
  • Riversdal-sonkragaanleg in Wes-Kaap in gebruik geneem
    Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor 'n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met 'n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die projek sal afhanklikheid van Eskom verminder, help om elektrisiteitskoste te bestuur en meer betroubare munisipale dienste ondersteun:
    1 min
  • Ballotti: Skoolhoofde moet verantwoording doen vir openbare en private fondse
    Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos die Namport-fonds vir maatskaplike belegging. Die adjunk-minister het tydens Namport se Maritieme Week openingseremonie gepraat en gesê die Namport-fonds het sedert 2006 reeds 82 miljoen Namibiese dollar aan onderwys- en jeuginisiatiewe bestee het.
    1 min
  • NNN prys One Economy Foundation vir sy jeug-bemagtiging
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike vaardighede, mentorskap en toegang tot kapitaal.
    1 min
  • Ramaphosa sê onderwysers en skole moet GBV help beveg
    Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê opvoeders en die breër onderwysgemeenskap moet meer doen in die geveg teen geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa sê skole het 'n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Ekurhuleni. Hy sê skole moenie seksuele teistering, mishandeling of uitbuiting deur onderwysers, personeellede of mede-leerders duld nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.