Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Alte Feste-restourasie vorder goed
    Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters is reeds aan die gang. Projekkoördineerder Shareen Thude sê restourasie-werk het ook historiese lae blootgelê het, insluitend oorspronklike pleisterwerk en vloeroppervlakke. Sy het meer met Kosmos 94.1 gedeel.
    1 min
  • SA Openbare Beskermer-kantoor kry skoon oudit 2de jaar in 'n ry
    Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die implementering van regstellende maatreëls het tot 67% gestyg. Gcaleka sê die instelling het ook 100% van sy sleutelprestasie-teikens vir die tweede boekjaar behaal:
    1 min
  • NLU vra inwoners om nie vleis te vervoer of adverteer nie
    Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
    1 min
  • SA Staatsdienskommissie-voorsitter waarsku korrupsie is nie toevallig nie
    Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke ekonomie van ondoeltreffendheid, waarin stelselmatige vertragings, knelpunte en swak uitvoering geleenthede vir korrupsie skep:
    1 min
  • NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan
    NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n Netto wins van 1,4 miljard dollar is in die laaste boekjaar bereik. Haulofu het meer.
    1 min
  • Outa juig omdat huis-sonkrag registrasie verleng is
    Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, stem saam stelsels wat elektrisiteit uitvoer moet aan goedkeurings-, metings- en verbindingsvereistes voldoen:
    1 min
  • Wibooi vra vir robuuste ontwikkelingstrategieë vir Afrika
    Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing vereis, in lyn met Namibië se NDP6-raamwerk vir volhoubare groei.
    1 min
  • SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering'
    SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl kleinbesigheid-eienaars aanvoer dat hulle oor die hoof gesien word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Eiseb neem amptelik ACC-teuels oor by Noa
    Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie gemerk het. Noa is aan die woord.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.