Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • OM lei meer as 30 finansiële adviseurs en makelaars op
    Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.
    1 min
  • Netanyahu: Dis te gou om te weet of Iran by Flydubai-gebeure betrokke was
    Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val. Passasiers en die kajuitpersoneel het die aanvaller oorrompel en twee ander vlieëniers van Flydubai wat aan boord was, het die vliegtuig veilig in Saoedi-Arabië laat land. Netanyahu het aan Fox News gesê hulle ondersoek die voorval om vas te stel of dit 'n terroriste-aanval was:
    1 min
  • Meer as een-miljoen toeriste besoek SA in Augustus
    Suid-Afrika het in Augustus meer as 'n miljoen internasionale toeriste verwelkom, 'n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op 'n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te skep. Die ministerie se woordvoerder, Aldrin Sampear, sê die VSA, Brittanje en Duitsland was in Augustus die grootste oorsese markte:
    1 min
  • NSA: Namibië se vrugbaarheidsyfer toon skerp daling
    Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer het. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Esther Simasiku, sê die data is gebaseer op die Bevolkings- en Behuisingsensus van 2023:
    1 min
  • NNN: Nuut-ontginde 176,29-karaat diamant 'n groot prestasie vir Namibië
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die natuurlike diamant van 176,29 karaat wat deur Namdeb by sy Suidkus-myn in Oranjemund ontgin is, is 'n groot prestasie vir Namibië. Sy sê die diamant bied 'n geleentheid om Namibië se reputasie vir sy natuurlike diamante te versterk en die ekonomiese waarde wat uit die land se minerale hulpbronne verkry word, te verhoog.
    1 min
  • Madlanga-kommissie begin met verhore agter geslote deure
    Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê 'n tweedaagse seminaar sal vandeesmaand gehou word ter voorbereiding van die finale verslag, wat na verwagting op 25 Januarie aan president Cyril Ramaphosa voorgelê sal word:
    1 min
  • NLU: Daar is steeds onsekerheid oor BKS-reëls en regulasies
    Intussen sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, dat daar 30 spanne in die Karasburg-distrik ontplooi is om die siekte se verspreiding na te spoor. Pretorius sê die spanne werk om die uur om die bron en presiese verspreiding van die siekte te bepaal. Hy sê hoewel die beperkings wat aanvanklik aangekondig is, ‘n week gelede verslap is, bly daar egter steeds onsekerheid oor die nuwe reels en regulasies:
    1 min
  • Britse regering glo Iran het 'n rol gespeel in RAF Fairford-voorval
    Die Britse regering glo dat Iran 'n rol gespeel het in die RAF Fairford-voorval waarin vyf mans in hegtenis geneem en toe borgtog toegestaan is, volgens premier Andy Burnham. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat een van die vyf mans self die noodnommer 999 geskakel het voordat die groep in hegtenis geneem is. 'n Inwoner van die area het ook die nommer geskakel, sowat 'n uur-en-'n-half later. Burnham het meer.
    1 min
  • SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking
    Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbintenisse van 20,7-miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie. Ramokgopa sê voorkeure sluit in werkskepping, armoedeverligting en versterkte staatsvermoë:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.