Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Rugby: Erasmus maak geen verskonings vir die nederlaag teen die Wallabies nie
    Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was egter nie genoeg nie, ten spyte daarvan dat Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geel kaarte verloor het. Erasmus, wat 13 veranderinge vir die eenmalige toets aangebring het, sê hulle het hulself in 'n posisie geplaas waaruit hulle nie kon herstel nie:
    1 min
  • SA Departement van Landbou waarsku teen hondsdolheid-sterftes
    Die Suid Afrikaanse departement van landbou vra inwoners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldier-besit, in-ent-ing en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema "Sterker Saam". Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê 115 laboratorium-bevestigde gevalle by diere is tussen Januarie en Julie vanjaar aan-ge-meld:
    1 min
  • NamPol vra publiek om dadelik vermiste persone aan te meld
    Die Namibiese Polisie doen 'n beroep op die publiek om vermiste persone onmiddellik aan te meld en sê daar is geen verpligte wagtydperk om 'n verslag amptelik in te dien nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê dat vinnige aanmelding noodsaaklik is, veral wanneer minderjariges of onbekende persone betrokke is.Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Minister Theofelus vra vir geduld met BKS-inperkings-verslappings
    Intussen waarsku die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat hoewel daar geen verdere BKS-infeksies aangemeld is nie, boere en die res van die land nie nou te gerus moet wees nie. Sy het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die siekte kan ook deur die beweging van mense – op hul skoene, klere, en motors – en vee-voer versprei. Theofelus vra klein-skaalse boere, wat nie nou dadelik kan diere slag en aan huishoudings en ander klein besighede kan vleis voorsien nie, om geduldig te wees:

    Emma Theofelus Maandag
    1 min
  • NLU verwelkom BKS-inperkings-verslappings
    Die Namibiese Landbou Unie sê hy verwelkom die gedeeltelike verslapping van die bek-en-klouseer handel- en vervoer inperkings wat verlede week landwyd ingestel is. Die ministerie van landbou sê voorlopige opsporing en inspeksies dui daarop dat die uitbraak steeds tot die //Kharas-streek beperk is, sonder enige bewyse van verspreiding noord van die veeartsenykundige kordonheining. Beeste wat van die besmette plaas in die Karasburg-omgewing na Otjozondjupa verskuif is voordat die uitbreking bespeur is, is opgespoor en het negatief getoets. NLU-president Thinus Pretorius sê dis nou, noord van die rooilyn, besigheid soos normaal:
    1 min
  • DA vra debat oor GBV-polisieringsmislukkings
    Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die DA sê die party sal ook daarop aandring dat senior polisieleiers en die Ekurhuleni-metropolisie voor die Gautengse provinsiale wetgewer verskyn en verantwoording doen oor polisieringsmislukkings.
    1 min
  • CoW: Kry swaarvoertuig-toegangspermitte voor 1 Oktober sperdatum
    Die Stad Windhoek doen 'n beroep op swaarvoertuigoperateurs om hul toegangspermitte te bekom voordat streng kameramonitering en -afdwinging op Donderdag 1 Oktober begin. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het beklemtoon dat aansoekvorms en kaarte van beperkte gebiede op die munisipale webwerf beskikbaar is, en waarsku bestuurders dat die tyd min raak om te voldoen voordat boetes uitgereik word aan ongemagtigde vragvoertuie wat beperkte sones binnegaan.
    1 min
  • 27 dood in twee skietvoorvalle by sjebiens in SA
    Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná 'n dodelike skietvoorval Saterdagaand by 'n sjebien in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die sjebien gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle het daarna die sjebien binnegegaan en voortgegaan om op die kliënte te skiet. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die verdagtes het na bewering sommige kliënte deursoek en hul selfone gesteel:
    1 min
  • Ietermagô-ghoeroe wen internasionale toekenning
    Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het die Rising Conservation Leader-toekenning by Brookfield Zoo Chicago se 23ste jaarlikse leierskapstoekennings gewen. Die toekenning vereer haar werk om Namibiese ietermagôs saam met plaaslike gemeenskappe en internasionale vennote te beskerm. Prediger is aan die woord:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.