Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Usakos-stadsraad: Eie boorgate sal dorp van water voorsien
    Die Usakos-stadsraad sê sy eie boorgate sal die dorp van water voorsien. Dit kom na NamWater aangekondig het dat hy 'n gefaseerde vermindering van water-toevoer dié week in Usakos sal toepas. Usakos se uitvoerende hoof, Lesley Goreseb, sê NamWater se eis vir 'n voorafbetaling van 30 persent van die bedrag is onmoontlik, en het voorgestel dat die watervoorsiener eerder die 1,6 miljoen Namibiese dollar wat dit die raad in erfbelasting en belasting skuld, verreken. Hy het ook NamWater se foutiewe toerusting blameer vir vorige voorsieningsonderbrekings wat rekeninginvordering benadeel het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Stad Kaapstad sê breek-en-gryp-diefstalle duur voort
    Drie minderjariges is in Kaapstad in hegtenis geneem ná 'n breek-en-gryp-diefstal uit 'n voertuig wat die aantal verdagtes wat in sulke sake aangekeer is, op minstens elf oor 'n tydperk van vyf weke te staan bring. Een van die verdagtes is met die slagoffer se selfoon gevind. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê misdaad op groot hoofweë het egter tussen Augustus verlede jaar en Augustus vanjaar met ongeveer 60-persent afgeneem:
    1 min
  • Napha: Openbare konsultasies met omgewingministerie 'n positiewe stap
    Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê openbare konsultasies wat met die omgewingministerie gehou is, is 'n positiewe stap vir die opdatering van roofdier-jagregulasies en -tariewe. Napha-president Hannes du Plessis sê die besprekings het jagstandaarde en voorgestelde tariewe vir luiperds, jagluiperds en beide bruin en gevlekte hiënas gedek. Terwyl finale besluite oor nuwe tariewe nog hangende is, het Napha voorgestel dat fooiverhogings aan inflasie gekoppel word. Belanghebbendes en die publiek kan tot 25 September skriftelike terugvoer en ondersteunende argumente by die ministerie indien. Du Plessis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Iranse afvaardiging land vandag in NY vir VN Algemene Vergadering
    ’n Verkleinde Iranse afvaardiging kom vandag in New York aan vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, nadat dieTrump-administrasie visas vir sommige lede geweier het. Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, en buitelandse sake-minister Abbas Araghchi is deel van die afvaardiging, ondanks die konflik tussen die VSA en Iran. As 'n stigterslid van die VN het Iran dekades lank 'n teenwoordigheid by die globale diplomatieke geleentheid behou. Sky News se Midde-Ooste korrespondent, Adam Parsons, berig uit Jerusalem.
    1 min
  • ANC uitvoerende komitee besluit oor geskil met Verkiesingskommissie
    Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor die geskil met die Verkiesingskommissie. Die party het versuim om betyds 181 kandidate te registreer in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, en hul name verskyn nou nie op die finale kandidatelyste nie. Die Kieshof het die ANC se aansoek teen die besluit geweier. Ramaphosa sê die party sal die volgende stappe bekend maak:
    1 min
  • Een van 9 vrouesterftes dalk weens liefdesdriehoek
    Die polisie sê die moord op Jabulile Ntimba, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is, hou moontlik verband met 'n liefdesdriehoek. 'n Man en twee vroue is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Boksburgse landdroshof verskyn. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op 'n nuuskonferensie gesê voorkeur word gegee aan al nege sake van die vroue wat in Ekurhuleni vermoor is:
    1 min
  • El Niño beteken fyn beplanning vir gewasprodusente
    Terwyl Zimbabwe sy tabakplantseisoen hierdie maand afskop, staar produsente ernstige droogterisiko's in die gesig weens die broeiende El Niño-weerpatroon. Deon Theron, voormalige president van die Zimbabwiese Tabakvereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere hul waterreserwes noukeurig moet bereken om besproeiingslimiete te bepaal terwyl hulle droogtebestande en diepgewortelde gewasvariëteite moet kies. Theron het opgemerk dat terwyl wêreldwye ooraanbod pryse verlede seisoen onderdruk het, 'n bestendige elektrisiteitsvoorsiening vanjaar noodsaaklik sal wees om besproeiingstelsels aan te dryf om die hoëwaarde-uitvoersektor te help om die droë toestande te oorleef:
    1 min
  • Kleiner vars-produkte tenders vir skole, koshuise sal boere help
    Daar word al hoe meer gevra dat die regering spysenieringskontrakte vir openbare skole en koshuise in kleiner tenders moet opbreek, wat geleenthede vir plaaslike boere sal skep om vars produkte en ander voedselprodukte te verskaf. Boere sê betroubare markte sal produsente help om uit te brei en te belê. Ben Schernick, direkteur van die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië, steun die idee maar sê behoorlike verkrygings- en logistieke beplanning sal van kritieke belang wees, aangesien swakpunte hierin tans die nasionale skoolvoedingskema belemmer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Groenwaterstof én olie, gas 'het groot potensiaal'
    Energiekenner Harald Schütt sê die vraag na afgeleide produkte van groenwaterstof groei stadiger as wat verwag is, maar is steeds bestendig, en hy sien groot potensiaal vir Namibië. Dit volg nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah, aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se 81ste Algemene Vergadering in New York, steun uitgespreek het vir 'n gediversifiseerde benadering tot energie om die land se industrialisasie en ekonomiese groei te ondersteun. Schütt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat politieke steun vir groen industrialisasie van deurslaggewende belang sal wees.
    1 min
  • Gebrek aan digitale vaardigheid nou 'n faktor in digitale kloof
    Namibië se digitale kloof is aan die verander, aangesien toegang tot die internet nie meer die enigste uitdaging is nie. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê die fokus moet nou verskuif na digitale vaardighed. Cran se uitvoerende hoof vir Ingenieurs- en Tegniese Dienste, Pascal Haingura, sê hoewel daar vordering gemaak is, beskik baie mense en organisasies steeds nie oor die nodige vaardighede, toestelle en hulpbronne om ten volle by digitale tegnologie baat te vind nie.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.