Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Hentiesbaai bied suksesvolle JAC Motors-tydren aan
    Hentiesbaai kan vandag met breë skouers rondloop ná die kusdorp die afgelope naweek ‘n hoogs-suksesvolle tydren – vir die eerste keer in 14 jaar – aangebied het. Die JAC Motors-tydren het vir hope opwinding gesorg met Mathys Pretorius en sy suster, Anja Pretoruis, wat as wenners aangewys is. Die resies het 8 trajekte van ongeveer 108 kilometer gebied, met geen ongelukke of beserings wat aangemeld is nie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en gee ons die uitslae:
    2 min
  • Ed Sheeran huil op verhoog
    Sanger Ed Sheeran sê hy het ‘n moeilike paar dae agter die rug en het Saterdag in trane op die verhoog uitgebars, na sy Loop Toer in omstrydenheid gedompel is. Dit kom nadat die kletsrymer Macklemore as sy openingskunstenaar verwyder is nadat hy tydens ’n optrede “Free Palestine” gesê het. Dae later het die Grammy-wenner Finneas, asook Lukas Graham, Aaron Rowe en Sheeran se eie begeleidingsgroep, Beoga, almal uit die toer bedank uit solidariteit met Macklemore. Sheeran sê hy is gewoond daaraan dat mense sy musiek kritiseer, maar moes moeilike besluite die afgelope dae neem:
    1 min
  • Vitol-verlenging hou geen koste vir regering of belastingbetalers
    Die ministerie van myne en energie bevestig dat Vitol se finale verlenging van een maand tot Oktober geen koste vir die regering of belastingbetalers inhou nie. Die waarnemende adjunkdirekteur van Petroleum downstream, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verlenging Vitol bloot kommersieel akkommodeer nadat laer verspreiderbestellings die voorraadvolumes verminder het. Hy het bygevoeg dat 'n tussentydse verkrygingsooreenkoms van drie maande met plaaslike oliemaatskappye binnekort vir November tot Januarie gefinaliseer sal word, wat die oorgang na 'n volledig gereguleerde nasionale grootmaat-invoermeganisme sal oorbrug om brandstofsekerheid en prysstabiliteit te verseker:
    1 min
  • Malema sê EFF sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied
    Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se burgemeesters-kandidaat vir eThekwini, Hlengiwe Mkhaliphi. Malema sê die party se prioriteite vir plaaslike regering sluit die voorsiening van basiese dienste, jeug-werkverskaffing, groter aanspreeklikheid in munisipaliteite en die inkontraktering van sekere dienste in:
    1 min
  • NNN vergader met diplomatieke verteenwoordigers in New York
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die Verenigde Nasies bly ʼn belangrike platform vir lande om saam te kom, en die uitdagings waarvoor die wêreld te staan kom aan te spreek. Nandi-Ndaitwah het met Namibië se diplomatieke verteenwoordigers in New York vergader vir ʼn oorsig-sessie voor die 81ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Sy het Namibiese-verteenwoordigers aangemoedig om sinvol by te dra tot die werk van die Verenigde Nasies, Namibië se bilaterale verhoudings te versterk, en hulle deel te doen om vertroue in multilateralisme te herstel. vergader vir ʼn oorsig-sessie voor die 81ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Sy het Namibiese-verteenwoordigers aangemoedig om sinvol by te dra tot die werk van die Verenigde Nasies, Namibië se bilaterale verhoudings te versterk, en hulle deel te doen om vertroue in multilateralisme te herstel.
    1 min
  • McKenzie sê Zille het Johannesburg-inwoners in die steek gelaat
    Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, gekritiseer oor haar rekord en benadering tot Johannesburg. McKenzie sê Johannesburg het nuwe leierskap nodig en die PA se burgemeesterskandidaat, Kenny Kunene, sal dit kan doen. McKenzie se opmerkings vorm deel van die partye se mededingende veldtogte om steun in Johannesburg te werf. Hy het Kunene se vermoë beklemtoon om dienslewering te verbeter en etiese leierskap te bied:
    1 min
  • SAPD veroordeel verspreiding van foto’s van persone moontlik verbind aan Ekurhuleni-moorde
    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens vra die publiek om nie foto's te versprei van mense wat na bewering met die moorde op vroue in die Ekurhuleni-gebied verbind word nie. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die SAPD het nog geen skets van 'n verdagte, gesoekte-plakkaat of foto van 'n verdagte in verband met die sake uitgereik nie. Sy beklemtoon elke leidraad word opgevolg en amptelike bywerkings sal uitreik word indien nodig:
    1 min
  • Vroue moet groter rol speel in leierskap
    Met die tweedaagse werkswinkel van die Gesamentlike Parlementêre Vrouekoukus wat oor die naweek tot ‘n einde gekom het, vra rolspelers dat vroue ‘n sterker rol speel leierskap-posisies. Vroueparlementslede en burgerlike samelewing-organisasies het samesprekings gehou oor die versterking van vroue-leierskap en die bevordering van geslagsgelykheid. Die komitee-voorsitter, Sharonice Busch, sê vroueleiers moet konkrete stappe doen om hervormings te implementeer wat 'n betekenisvolle verskil in die lewens van vroue maak:
    1 min
  • Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak
    Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral die landdroshowe. Sy sê alternatiewe geskilbeslegting kan help om die agterstand te verminder, maar toegang tot mediasie en arbitrasie bly 'n uitdaging vanweë die koste daaraan verbonde.
    1 min
  • VERKEER: Staal op B1 pad tussen Whk en Rhb
    Motoriste op die B1-pad tussen Windhoek en Rehoboth word gevra om stadig en versigtig te ry, na ‘n berig ontvang is dat daar ‘n vrag staal op die padoppervlakte in die Stable View-omgewing opgemerk is. Dis nog nie bekend of verkeersowerhede reeds na die toneel ontplooi is vir opruimingswerk nie. Met reënbuie wat hier in Windhoek uitsak en moontlik ook op die Windhoek-Rehoboth pad kan voorkom, kan sig- en remafstande belemmer word:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.