Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • SA regering wil steeds met VSA praat: Roelf Meyer
    Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die regering wil dialoog met Washington voortsit, selfs in 'n moeilike diplomatieke tyd. Amerika het nuwe beperkings ingestel op persone wat volgens hom verantwoordelik is vir of medepligtig is aan beleid wat rasgegronde diskriminasie bevorder, dreigende geweld teen rasse- of etniese minderhede aanhits, of onteiening sonder vergoeding bemiddel in Suid-Afrika. Meyer het aan die SABC gesê die versterking van diplomatieke bande is belangrik:
    1 min
  • NamPol-opleiding NQF-5 geakkrediteer
    Ingrypende hervormings word by wetstoepassingsopleiding ingestel, aangesien die Namibiese Kwalifikasie-owerheid die Namibiese polisiemag se Sertifikaat in Polisiewerk amptelik op NQF-vlak 5 geakkrediteer het. Dit bring al vier NamPol-opleidingsinstellings landswyd onder volle akkreditasie. Dit beteken ook dat die duur van die basiese opleiding verdubbel van ses maande tot 'n volle jaar, en dat die kursus van 6 modules tot 11 uitgebrei word. NamPol se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê hulle mik na akkreditasie van meer kursusse.
    1 min
  • Brittanje se Healey onder druk
    In sy eerste groot ekonomiese toespraak het die skadukanselier, die Tories se Andrew Griffith, kritiek op kanselier John Healey gelewer. Healey sal op 28 Oktober die begroting bekend maak te midde van hoë inflasie en ekonomiese druk. Griffith eis dat die kanselier onderneem om nie belasting in die komende begroting te verhoog nie, en sê Brittanje het 'n ekonomiese revolusie nodig.
    1 min
  • Verbruikersbegrotings gaan onder druk bly
    'n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die herverskyning van verhoogde geopolitieke spanning, hoër oliepryse en die moontlikheid van hoër huishoudelike leningskoste dui daarop dat verbruikersbegrotings onder druk gaan bly. Kleinhandelverkope was in Julie positief met 'n toename van 3,4-persent jaar-tot-jaar-groei na 1,1-persent in Junie. Mkhwanazi sê dit veronderstel dat verbruikers se besteding beter hanteer is as wat verwag is, soos reeds gesien in die tweede kwartaal se bruto nasionale produk:
    1 min
  • Suide! Sleep jou sambreel nader!
    Met Namibië se jaarlikse reën-seisoen wat gewoonlik die laaste week van September afskop, lyk dit of daar moontlik nog goeie neerslae oor die Westelike en sentrale dele van die land oor die volgende paar dae verwag kan word. Plaaslike weerkenner George van der Merwe, sê ‘n sterk bo-sikloon sisteem wat onlangs oor Suider-Afrika beweeg het, het vir goeie reëns in die Noord-Kaap en Kharas-streek gesorg. Hy sê as die sisteem aktief bly hou dit goeie nuus in vir boere in die suide, westelike, en sentrale gedeeltes van Namibië:
    1 min
  • DA sê Lesufi misluk om vroue te beskerm
    En ons sluit in Suid-Afrika af: Die DA beskuldig die Gautengse premier Panyaza Lesufi van voortslepende mislukking om inwoners, veral vroue, te beskerm al spog hy met sy tegnologies gevorderde misdaadbekampingstegnieke. Dit volg terwyl die polisie die ontdekking van nege vroue se liggame in Kemptonpark ondersoek. Solly Msimanga van die DA sê die kwessie van veiligheid en misdaad in Gauteng word vererger deur die provinsiale regering se versuim om sy basiese pligte en teikens wat hy vir homself stel, na te kom:
    1 min
  • Namibië oorweeg nuwe heffing vir bek-en-klouseer
    Namibië oorweeg 'n nuwe heffing vir bek-en-klouseer om fondse in te samel ter beskerming van die veebedryf teen die toenemende bedreiging van die siekte. Volgens die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad word die voorgestelde tydelike heffing steeds bespreek en kan dit ongeveer 0,76 persent van die waarde van 'n veetransaksie beloop. Die landboukundige Wallie Roux.
    1 min
  • Savanna Beef vier sterk eerste bedryfsjaar
    Savanna Beef sê hy fokus op die toekoms en beoog verdere groei en werkskepping ná 'n sterk eerste bedryfsjaar. Tussen Augustus 2025 en 31 Julie 2026 het die maatskappy meer as 12 600 beeste geslag en verwerk en 267,95 miljoen Namibiese dollar aan produsente uitbetaal. Savanna Beef se werksmag het van 126 werknemers aan die einde van Februarie tot 237 teen die einde van Julie gegroei. Uitvoerende hoof, Ian Collard, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatskappy se verbeterde produksievermoë verbeter groei-potensiaal:
    1 min
  • Fidji verklaar MIV-noodtoestand
    Fidji het ‘n noodtoestand verklaar rakende MIV. Gesondheidsbeamptes skat dat ongeveer 1 uit elke 60 volwassenes in Fidji tans met MIV leef, 'n toename vergeleke met 1 uit 165 vyf jaar gelede. Die epidemie het uitgebrei van gekonsentreerde hoërisikogroepe na die algemene bevolking. Voorgeboortelike toetse toon dat ongeveer 1 uit elke 50 swanger vroue wat voorgeboortelike sorg ontvang, positief toets; dit lei daartoe dat daar elke week ongeveer een baba met MIV gebore word. Fidji dien ook toenemend as 'n deurgangspunt vir onwettige dwelms soos metamfetamien en 'n toename in die gebruik hiervan en die wydverspreide deel van naalde, het infeksiekoerse aansienlik versnel. Die senior mediese beampte in die land se gesondheidsministerie dr. Dashika Balak het met CNN gepraat.
    1 min
  • Telekommunikasiesektor groei in K2 van 2026
    Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê die land se telekommunikasiesektor het ‘n beduidende positiewe groei in die tweede kwartaal van 2026 getoon. In sy jongste Tweede Kwartaal Statistiekbulletin, wat die tydperk April tot Junie 2026 dek, toon Cran-navorsing dat aktiewe mobiele SIM-kaartintekeninge met 2 persent tot ongeveer 2,79 miljoen intekeninge toegeneem het. Die owerheid se uitvoerende hoof vir kommunikasie, Mufaro Nesongano sê toegang tot breëbandinternet-dienste het ook landwyd met 2 persent gegroei.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.