Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate
    Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die OVK se elektroniese stelsel ingevoer, maar die finale indiening is verhoed as gevolg van tegniese probleme. Mahlengi Bhengu van die ANC het lede en ondersteuners aangemoedig om kalm en gedissiplineerd te bly terwyl die regsproses voortduur:
    1 min
  • Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid
    Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne
    Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika verkoop word, te verkry. Die verkoopproses het aansienlike belangstelling van beleggers gelok, en die regering het voorheen aangedui dat hy die strategiese aandelebesit tot voordeel van Namibiërs wil bekom.
    1 min
  • Publiek moet weet wat Vitol agter die skerms belowe is: IPC
    Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer is, enige finansiële eise wat deur Vitol ingedien is, en die werklike kostelas op die Nasionale Energiefonds openbaar maak. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Cloete die verlenging van die kontrak veroordeel en amptenare daarvan beskuldig dat hulle belastingbetalers dwing om private korporatiewe risiko's te dek in plaas daarvan om Vitol sy eie onverkoopte voorraad te laat absorbeer:
    1 min
  • Haal uit die truie, koue is op pad, sê weerdiens
    'n Afsny-laedrukstelsel beweeg tans oor die land en bring buite-seisoen reënbuie na die suidwestelike streke. Albertina Anderson van die weerdiens sê dat 'n kouefront die land kort ná die reën kan bereik, wat sal veroorsaak dat temperature oor die naweek drasties daal. Sy het meer:
    1 min
  • Nasan vorder fluks met handelsmerk-verandering
    Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in. Iyaloo Hamata, woordvoerder van Nasan Energies, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die volgende fase op vulstasies met die Engen-handelsmerk gemik is.
    1 min
  • Oekraïne sal aanhou Russiese energieteikens aanval, Trump
    Vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne is weer in die nuus, veral met president Donald Trump wat Oekraïne se aanvalle op Russiese energieteikens, wat hy sê die dieselprys opstoot, wil laat ophou. Maar, en dit is nie die eerste keer nie, sê president Volodymyr Zelensky voordat hy om ‘n tafel saam met Russiese president Vladimir Putin sit, eis hy sekuriteitswaarborge. Hy het met CBS News gepraat.
    1 min
  • Oud-Vervolgingsgesag-hoof 'moet vervolg word oor komplot teen Masemola'
    Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, en haar bondgenote het teen Masemola saamgesweer en moet strafregtelik vervolg word:
    1 min
  • Beleggingskaart sal streeksekonomië bou, euwels hokslaan
    Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap en die koppeling van plaaslike besighede met beleggers sal die streek hervorm:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.