Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Kempton-moorde: Een vas, nog een soek
    Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane sê van die slagoffers is onbekend en sy vra families, veral in die Kemptonpark-gebied, om na vore te kom indien hulle weet van enige familielid wat verdwyn het:
    1 min
  • Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup
    Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar by die Homeless World Cup in Mexiko te verteenwoordig, nadat byna 60 spelers aan keuringsessies deelgeneem het:
    1 min
  • Kanada spits hom op die EU
    Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar, wat tariewe betref, in gelyke munt terugbetaal. Handel in goedere en dienste tussen die EU en Kanada het sedert 2016 met 80-persent gestyg. Carney sê meer as 8 triljoen Namibiese dollar se nuwe beleggings is aan Kanada beloof:
    1 min
  • SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is
    Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die moorde op die agt vroue is onaanvaarbaar en het die betrokke families en die publiek verseker dat alles in die stryd gewerp sal word om die skuldiges voor die gereg te bring:
    1 min
  • Boetes sal gehef word vir rokers, en meer
    Die gesondheidministerie stel boetes van tot 5 000 Namibiese dollar of 'n maand tronkstraf voor vir mense wat in die openbaar rook, in konsepwysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Gesondheidsamptenaar Gabriel Joseph sê eienaars van openbare ondernemings wat rook toelaat, kan boetes van 60 000 dollar of drie maande tronkstraf opgelê word, terwyl vervaardigers wat nie voldoen aan die vereistes nie, met tot 500 000 dollar beboet kan word. Hy beklemtoon dat die konsepstrawwe steeds onder openbare konsultasie is.
    1 min
  • Beskerming van Kunene se renosters kry hupstoot
    ’n Vennootskap wat oor meer as 20 jaar strek, verskerp die stryd om Namibië se Kunene-swartrenosters te beskerm. Die Save the Rhino Trust en ultimate.earth het gesamentlik meer as 610 000 Namibiese dollar belê in ’n toegewyde patrollievoertuig vir die Red Mountain-gesamentlike bestuursgebied, na aanleiding van die stropery verlede jaar van ’n dragtige renoster, Dorsland, en haar kalf. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die voertuig sal patrollies en monitering teen stropery in die uitgestrekte bewaringsgebied versterk.
    1 min
  • Amushelelo wil weet waar is NamPol met misdaad teen Namibiërs
    Die aktivis Michael Amushelelo beskuldig NamPol daarvan dat hy misdade teen buitelandse toeriste voorrang gee bo Namibiese kinders se onopgeloste moorde. Amushelelo verwys na die vinnige arrestasie, dieselfde dag nog, van drie verdagtes wat twee Amerikaanse toeriste in Otjiwarongo beroof het. Dit, teenoor die moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyoncé !Kharuxas in Okahandja, waar geen arrestasies nog gemaak is nie. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus pleit Amushelelo vir gelyke ondersoekhulpbronne en dringendheid:
    1 min
  • Aranos doen proef-verslagtings vir VAE-skaapuitvoere
    Die Aranos-abattoir voer proef-verslagtings van skape uit met die oog op moontlike uitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate, wat 'n nuwe mark vir plaaslike veeprodusente kan oopmaak. Die NLU se jongste data oor skaappryse toon uitvoerpryse na die Emirate van tot 100 Namibiese dollar per kilogram vir A2- en A3-grade. Dit, vergeleke met plaaslike Aranos-pryse van ongeveer 93 dollar per kilogram. Kosmos Nuus het met Van Wyk de Klerk, mede-eienaar van die Aranos-abattoir, gesels:
    1 min
  • Sanders en Trump bondgenoot Bannon vra vir KI regulasie
    Steve Bannon, een van president Donald Trump se vroegste raadgewers, en onafhanklike senator Bernie Sanders het albei Dinsdag by 'n byeenkoms aangedring op veiligheidsbeperkings vir kunsmatige intelligensie. Hulle het saam met 'n tweeparty-groep Kongreslede by die "Pro-Human Assembly" in Washington, DC verskyn. Hulle vra vir 'n mensgesentreerde benadering tot die ontwikkeling van KI-tegnologie, en is skepties oor die maatskappye wat die bedryf lei. Sanders het na die tyd met CBS News gepraat:
    1 min
  • Hill-Lewis vra beter wetstoepassing met Ekurhuleni-moorde
    DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van sewe vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en nouer samewerking tussen die polisie en gemeenskappe:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.