Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Venaani vra in NV dat Ngurare uit amp verwyder word
    Die Nasionale Vergadering-sitting vanmiddag het op 'n hete noot geopen. Verskeie parlementslede het met die speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, gebots nadat sy 'n mondelinge mosie deur PDM-leier McHenry Venaani verwerp het. Venaani het geëis dat eerste minister Elijah Ngurare uit sy amp verwyder word. Hy het Ngurare van onbevoegdheid beskuldig, wat skel woordewisselings veroorsaak het.
    1 min
  • Grensbestuur, intelligensie moet byhou by Afrika-konflikte
    Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, waarsku dat toenemende streeksonstabiliteit in Soedan, die Sahel en die DRK ernstige ekonomiese, veiligheids- en humanitêre risiko's vir Namibië inhou. In kommentaar op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se deelname aan die AU se Buitengewone Spitsberaad in Luanda, sê Kangulu dat destabilisering oor Afrikagrense heen onwettige migrasie, mensehandel en wapensmokkelary verhoog. Hy doen 'n beroep op sterk kontinentale diplomasie en proaktiewe vroeë waarskuwingstelsels om konflik aan te spreek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Geestesgesondheid-wetsontwerp 'verg regte implementering'
    Die Nasionale Raad het die langverwagte wetsontwerp op geestesgesondheid eenparig goedgekeur. Die aanpassing vervang die verouderde 1973-wet. Die nuwe wetsontwerp prioritiseer die waardigheid van pasiënte, hul wetlike regte en persoonlike toestemming tot gesondheidsorg. Dit bring ook mee dat primêre geestesgesondheid-sorgfasiliteite in al 14 streke opgradeer en uitgebrei sal word. Die president van die Nasionale Maatskaplike Werkersvereniging, Lovisa Nghipandulwa, se dit sal ook bottelnekke by van die land se grootste staatshospitale verminder...
    1 min
  • Innovasies besorg Kanker-appelprojek rekord N$4 miljoen
    Bank Windhoek se Kanker-appelprojek het 'n geskiedkundige mylpaal bereik en 4 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Die projek vir 2026 is in Maart aangekondig. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na afloop van die fondsinsamelingsgeleentheid vanoggend, sê Bank Windhoek se besturende direkteur, James Chapman, dat die rekord-bydrae gekom het na innovasies en beter bemarking.
    1 min
  • Skerp brandstofprys-verhogings in SA wek kommer
    Die vakbond Giwusa is erg bekommerd oor môre se brandstofprysverhogings. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het aangekondig die petrolprys styg om middernag met een Suid-Afrikaanse rand 34 sent per liter. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê selfs erger is die gedifferensieerde groothandelprysverhogings van twee rand-94 sent en drie rand-15 sent per liter vir diesel, afhangend van die swaelinhoud. Hy sê dis 'n regstreekse aanval op die voortbestaan van werkers en armes:
    1 min
  • Paaie-owerheid soek jóú insette oor paaie, dienste
    Die Paaie-owerheid het 'n landwye persepsie-opname van stapel gestuur om direkte terugvoer van padgebruikers oor nasionale pad-toestande en openbare dienste in te samel. Die onafhanklike opname nooi openbare insette oor padonderhoud, infrastruktuur, padtekens, asook kliëntediens by NaTIS en weegbrug-fasiliteite landswyd uit, voor die sperdatum van 7 September. Owerheid-woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Rassie gefrustreerd oor Rennie se uitlatings
    Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is gefrustreerd deur die All Blacks se aanhoudende pogings om skeidsregters deur middel van die media te beïnvloed. Dit volg nadat Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, na die tweede toets in Kaapstad gekla het oor die Bokke se skrumtegniek. Hy beweer die Suid-Afrikaners loop rondom hul teenstanders in die skrum. Erasmus sê hy vertrou die metodes van die Bokke se skrumafrigter, Daan Human:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.