Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Napha verwerp Franse trofeeverbod
    Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië of Afrika te preek oor die bewaring van sy omgewing nie, aangesien Namibië wetgewing in plek het vir die beskerming daarvan. Hy beklemtoon dat amptelike syfers toon dat internasionale jagters direk tot 758 miljoen Namibiese dollar tot die BBP bydra.
    1 min
  • Federer ingehuldig in die Tennis Hall of Fame
    Tennis-legende Roger Federer sê sy meer as twee-dekade-lange tennis loopbaan hou baie spesiale herinneringe in. Federer is die afgelope naweek amptelik in die Tennis Hall of Fame ingelyf. Tydens ‘n onderhoud met CNN Sports het hy gesê, as hy kon kies, so hou ‘n hele lys legendes wil aanvat op die baan.
    1 min
  • Misdaad daal dalk maar korrupsie moet aandag kry - Cosatu
    Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê ten spyte van die afname, moet misdaad en korrupsie drasties verminder word om beleggings te lok wat nodig is vir ekonomiese groei en werkskepping:
    1 min
  • Herroeping van Madonsela is Stalingrad-taktiek
    ActionSA sê die Parlement se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier te herroep, is ʼn klassieke voorbeeld van Stalingrad-vertragingstaktieke. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen Madonsela se aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. ActionSA-woordvoerder Lerato Ngobeni sê prosedurele regverdigheid mag nie nou prosedurele oneindigheid word nie en waarsku die Parlement verruil moontlik een dooiepunt vir ʼn ander:
    1 min
  • Cran sertifiseer binnelandse sake vir digitale transaksies
    Cran het die binnelandse sake-ministerie as 'n nasionale sertifiseringsdiensverskaffer geakkrediteer. Dit laat die ministerie toe om amptelike intekenaarsertifikate en openbare sleutels uit te reik om regerings-e-dienste en digitale transaksies te beveilig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê dit is 'n belangrike mylpaal.
    1 min
  • Nepalese owerhede bly hoopvol vir oorlewendes
    Nepal se minister van Buitelandse Sake, Shisir Khanal, sê hy hoop steeds die byna 4 000 mense wat vermis word na verlede week se dodelike kitsvloede, kan nog gered word. Onder die vermistes is meer as 600 werkers wat vermoedelik vasgekeer is in 'n groot netwerk van moddergevulde tonnels by hidrokragaanlegte langs die Trishuli-rivier. Die dodetal ná die verwoestende Himalaja-gletservloed het tot meer as 1 100 gestyg. Khanal sê reddingsoperasies duur voort met die ondersteuning van die internasionale gemeenskap. Hy sê wonderwerke gebeur wel:
    1 min
  • Statistieke SA vind verband tussen GBV en drank en dwelms
    Statistiek Suid-Afrika sê 85-persent van mense 16 jaar en ouer het verslawing, dwelm- of alkoholmisbruik as die hoofoorsaak van geweld teenoor vroue en kinders geïdentifiseer. Die woordvoerder, Boitumelo Mooketsi sê die jongste verslag oor slagoffers van misdaad uit die verslag oor regering, openbare veiligheid en geregtigheid dui daarop dat meer as 80-persent van vroue en mans glo huweliksmaats of intieme lewensmaats is verantwoordelik vir die meeste geslagsgeweld:
    1 min
  • Partye het tot Vrydag om getuienisleier vir Ampsklagkomitee te benoem
    Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. Gana sê die komitee sal volgende Woensdag die benoemings oorweeg:
    1 min
  • Werkspermit van 90 dae was onvoldoende
    Die binnelandse sake-ministerie het amptelik die nuwe gespesialiseerde werkpermit om besigheid te doen bekendgestel, wat daarop gemik is om toegangsprosesse vir buitelandse beleggers te stroomlyn. Die ministerie se direkteur van visums, permitte, paspoorte en burgerskap, Deon Scott, het by die geleentheid gesê dat die standaard 90-dae besoekersperiode onvoldoende was vir beleggers wat institusionele raamwerke, Bipa-registrasie en belastingverpligtinge ondersoek. Scott het meer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.