Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Diamantmyne verlaag produksie oor sintetiese stene
    Die land se diamantmyne het produksie verlaag weens 'n voortdurende daling in globale diamantpryse. Die Kamer van Mynwese sê in sy maandelikse mynbou-opdatering verslag vir Junie en Julie dat pryse na verwagting verder sal daal namate kunsmatige diamante nog goedkoper word. Die kamer se hoofekonoom Lauren Graham het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die goedkoop laboratorium-gekweekte diamante 'n permanente markverskuiwing veroorsaak het:
    1 min
  • IPC sê Ethiopian Airlines sal Namibia Air abba
    Die IPC het kommer uitgespreek oor Namibië se moontlike samewerking met Ethiopian Airlines in die stigting van die voorgestelde Namibia Air. Die kommer spruit voort uit ’n interne memorandum laat in Augustus oor vergaderings wat tussen Namibiese amptenare en Ethiopian Airlines op 21 en 22 Augustus in Addis Abeba gehou is. Die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, sê die voorgestelde vennootskap laat vrae ontstaan oor die rol van plaaslike beroepslui in lugvaart en die land se beheer oor die nuwe lugredery.
    1 min
  • Dodetal styg tot verby 1 100 in Nepal
    Die dodetal in die katastrofiese kitsvloedramp in Nepal en Tibet het Dinsdagaand tot minstens 1 050 gestyg, terwyl sowat 3 900 mense nog vermis word. 'n Britse man was onder 119 mense wat Dinsdag gered is, terwyl owerhede waarsku dat ’n grondverskuiwingsrisiko weens reën verdere oorstromings kan veroorsaak. Sky se internasionale korrespondent Jon Sparks het by 'n helikopterspan aangesluit wat die toneel van verwoesting langs die Trishuli-rivier in Nepal ondersoek het.
    1 min
  • Sterker rand sal nie brandstofprys teenwerk nie - KPMG
    'n Ekonoom van KPMG Suid-Afrika sê 'n sterker rand sal nie die skerp styging in wêreldwye brandstofpryse in September teenwerk nie. Frank Blackmore sê die onderverhaling vir 95-oktaan petrol is een Suid-Afrikaanse rand-ses-sent per-liter en vir 93-oktaan staan dit op 96 sent. Die onderverhaling vir diesel is 2-rand-71- en twee-rand-92-sent. Hy sê al het die rand van 16-rand-90 tot 16-rand teen die Amerikaanse dollar versterk, het brandstofpryse skerp gestyg weens die Russies-Oekraïnse oorlog:
    1 min
  • Dis amptelik: Pitso Mosimane is nuwe Bafana-afrigter
    Sokker: SAFA het Pitso Mosimane amptelik as Bafana Bafana se nuwe hoofafrigter aangekondig. Die driemalige Kampioeneliga-wenner keer terug vir 'n tweede permanente termyn en vervang Hugo Broos. Mosimane se onmiddellike uitdaging is die kwalifiseerders vir volgende jaar se Afrika-nasiebeker, wat saam met Guinee, Eritrea en Kenia in Groep D geloot is. SAFA se president Danny Jordaan sê die nasionale span bly 'n belangrike handelsmerk, met die 2030 Wêreldbeker as een van sy langtermynprioriteite:
    1 min
  • Venaani vra in NV dat Ngurare uit amp verwyder word
    Die Nasionale Vergadering-sitting vanmiddag het op 'n hete noot geopen. Verskeie parlementslede het met die speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, gebots nadat sy 'n mondelinge mosie deur PDM-leier McHenry Venaani verwerp het. Venaani het geëis dat eerste minister Elijah Ngurare uit sy amp verwyder word. Hy het Ngurare van onbevoegdheid beskuldig, wat skel woordewisselings veroorsaak het.
    1 min
  • Grensbestuur, intelligensie moet byhou by Afrika-konflikte
    Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, waarsku dat toenemende streeksonstabiliteit in Soedan, die Sahel en die DRK ernstige ekonomiese, veiligheids- en humanitêre risiko's vir Namibië inhou. In kommentaar op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se deelname aan die AU se Buitengewone Spitsberaad in Luanda, sê Kangulu dat destabilisering oor Afrikagrense heen onwettige migrasie, mensehandel en wapensmokkelary verhoog. Hy doen 'n beroep op sterk kontinentale diplomasie en proaktiewe vroeë waarskuwingstelsels om konflik aan te spreek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.