Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Herroeping van Madonsela is Stalingrad-taktiek
    ActionSA sê die Parlement se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier te herroep, is ʼn klassieke voorbeeld van Stalingrad-vertragingstaktieke. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen Madonsela se aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. ActionSA-woordvoerder Lerato Ngobeni sê prosedurele regverdigheid mag nie nou prosedurele oneindigheid word nie en waarsku die Parlement verruil moontlik een dooiepunt vir ʼn ander:
    1 min
  • Cran sertifiseer binnelandse sake vir digitale transaksies
    Cran het die binnelandse sake-ministerie as 'n nasionale sertifiseringsdiensverskaffer geakkrediteer. Dit laat die ministerie toe om amptelike intekenaarsertifikate en openbare sleutels uit te reik om regerings-e-dienste en digitale transaksies te beveilig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê dit is 'n belangrike mylpaal.
    1 min
  • Nepalese owerhede bly hoopvol vir oorlewendes
    Nepal se minister van Buitelandse Sake, Shisir Khanal, sê hy hoop steeds die byna 4 000 mense wat vermis word na verlede week se dodelike kitsvloede, kan nog gered word. Onder die vermistes is meer as 600 werkers wat vermoedelik vasgekeer is in 'n groot netwerk van moddergevulde tonnels by hidrokragaanlegte langs die Trishuli-rivier. Die dodetal ná die verwoestende Himalaja-gletservloed het tot meer as 1 100 gestyg. Khanal sê reddingsoperasies duur voort met die ondersteuning van die internasionale gemeenskap. Hy sê wonderwerke gebeur wel:
    1 min
  • Statistieke SA vind verband tussen GBV en drank en dwelms
    Statistiek Suid-Afrika sê 85-persent van mense 16 jaar en ouer het verslawing, dwelm- of alkoholmisbruik as die hoofoorsaak van geweld teenoor vroue en kinders geïdentifiseer. Die woordvoerder, Boitumelo Mooketsi sê die jongste verslag oor slagoffers van misdaad uit die verslag oor regering, openbare veiligheid en geregtigheid dui daarop dat meer as 80-persent van vroue en mans glo huweliksmaats of intieme lewensmaats is verantwoordelik vir die meeste geslagsgeweld:
    1 min
  • Partye het tot Vrydag om getuienisleier vir Ampsklagkomitee te benoem
    Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. Gana sê die komitee sal volgende Woensdag die benoemings oorweeg:
    1 min
  • Werkspermit van 90 dae was onvoldoende
    Die binnelandse sake-ministerie het amptelik die nuwe gespesialiseerde werkpermit om besigheid te doen bekendgestel, wat daarop gemik is om toegangsprosesse vir buitelandse beleggers te stroomlyn. Die ministerie se direkteur van visums, permitte, paspoorte en burgerskap, Deon Scott, het by die geleentheid gesê dat die standaard 90-dae besoekersperiode onvoldoende was vir beleggers wat institusionele raamwerke, Bipa-registrasie en belastingverpligtinge ondersoek. Scott het meer.
    1 min
  • Kanada se Carney sê VSA soek onmededingende ooreenkoms
    Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê handelsgesprekke met Amerika kan hervat word wanneer Washington ernstig raak oor onderhandelings. President Donald Trump van Amerika het verlede week ʼn uitvoerende bevel onderteken wat Lake Ontario se naam na Lake America verander – ʼn stap wat die Kanadese verwerp. Die Trump-administrasie het tariewe van 50-persent op Kanadese produkte ingestel terwyl Kanada beplan om uit vergelding tariewe op Amerikaanse produkte te hef. Carney sê Washington soek tans ʼn “onmededingende” ooreenkoms vir belangrike bedrywe:
    1 min
  • SA teken 4 109 huisbrake daagliks aan
    Meer as 1,5-miljoen huisbrake is in die 2025/2026-boekjaar aangeteken, met meer as 1 miljoen huishoudings wat geraak is. Die opname toon diefstal van persoonlike besittings was die algemeenste misdaad en het sowat 1,2-miljoen mense geraak met rooftogte op straat die tweede algemeenste. Risenga Maluleke van Statistiek Suid-Afrika sê die verslag toon slegs 38-persent van mense voel veilig genoeg om snags alleen in hul woonbuurte te stap, vergeleke met 81-persent gedurende die dag:
    1 min
  • Jeug moet voorspraak maak vir gemarginaliseerdes
    Unicef spoor jong leiers aan om vir gemarginaliseerde gemeenskappe te pleit, en het die groot streeksgapings in toegang tot water en sanitasie uitgelig. Terwyl 93,9 persent van Namibiërs basiese toegang tot water het, daal die dekking tot onder 80 persent in ||Kharas en Kunene. Sanitasie bly krities, met 47 persent wat oop ontlasting beoefen, met meer as 70 persent in landelike gebiede. Unicef se adjunkverteenwoordiger Toshiko Takahashi het by die Junior Nasionale Raad beklemtoon dat swak sanitasie kinders se gesondheid, waardigheid en opvoeding direk beïnvloed.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.