Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Asoli eerste plaaslike party in Afrika-politieke netwerk
    Joseph Kauandenge se Asoli Progressiewe Party het amptelik by die Afrika Demokratiese Alliansie vir Vryheid en Vooruitgang aangesluit en is die eerste Namibiese politieke party wat in die kontinentale netwerk aanvaar is. Die netwerk, onder voorsitterskap van Build One South Africa-leier Mmusi Maimane, verenig 48 organisasies van 25 lande om te pleit vir demokrasie, die oppergesag van die reg en inklusiewe groei dwarsoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met Kauandenge gepraat.
    1 min
  • Stygende brandstofprys raak vervoerkettings
    Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê terwyl brandstofpryse styg, moet vervoermaatskappye, vloot-operateurs en klante hulle staal teen die druk op bedryfskoste:
    1 min
  • Jong-innoveerders geloof, slimkierie gaan Berlyn toe
    Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing benodig om 'n werklike impak te maak. Sy het die algehele wenner Petrus Namwandi uitgelig, wat 'n vibrasie-gebaseerde slimkierie ontwerp het met behulp van ultrasoniese sensors om gesiggestremdes te help, en wat Namibië nou by die wêreldfinaal in Berlyn sal verteenwoordig.
    1 min
  • LPO hou streeksvergaderings in Oktober
    Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat die landbousektor raak. NLU-woordvoerder Tanja Dahl het meer.
    1 min
  • Reaksie op Biddag teen geweld
    Maatskaplike aktivis Rosa Namises het gereageer op die Biddag wat vir 12 September beplan word en drankverkope wat daardie dag opgeskort sal word. Sy sê die regering moet 'n noodtoestand afkondig oor die toenemende geslagsgeweld en wydverspreide alkoholmisbruik in Namibië. Veral omdat die twee gekoppel is.
    1 min
  • Napha verwerp Franse trofeeverbod
    Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië of Afrika te preek oor die bewaring van sy omgewing nie, aangesien Namibië wetgewing in plek het vir die beskerming daarvan. Hy beklemtoon dat amptelike syfers toon dat internasionale jagters direk tot 758 miljoen Namibiese dollar tot die BBP bydra.
    1 min
  • Federer ingehuldig in die Tennis Hall of Fame
    Tennis-legende Roger Federer sê sy meer as twee-dekade-lange tennis loopbaan hou baie spesiale herinneringe in. Federer is die afgelope naweek amptelik in die Tennis Hall of Fame ingelyf. Tydens ‘n onderhoud met CNN Sports het hy gesê, as hy kon kies, so hou ‘n hele lys legendes wil aanvat op die baan.
    1 min
  • Misdaad daal dalk maar korrupsie moet aandag kry - Cosatu
    Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê ten spyte van die afname, moet misdaad en korrupsie drasties verminder word om beleggings te lok wat nodig is vir ekonomiese groei en werkskepping:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.