Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Katima Mulilo-dorpsraad wil jeug by ekonomie betrek
    Die Katima Mulilo-dorpsraad het sy verbintenis herbevestig om plaaslike ekonomiese platforms te vestig wat jongmense in staat stel om volhoubare lewensbestaan binne hul eie streek te bou. Tydens die amptelike opening van die 9de Zambezi Bream and Cultural Expo, het burgemeester Kabende Kabende gesê dat die fees dien as 'n katalisator vir plaaslike ondernemings, en bevorder gasvryheid, informele handel, toerisme en kreatiewe nywerhede in die dorp. Hy het 'n boodskap vir die jeug.
    1 min
  • IPC stel mosie van wantroue in Speaker in
    Die IPC het 'n historiese mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien, waarin gevra word vir haar sensuur en verwydering uit haar amp. Die mosie is vanmiddag deur die IPC-LP, Michael Mulunga, ingedien en is die eerste van sy soort sedert Namibië se onafhanklikheid. Mulunga wys op ontwrigtings in die Nasionale Vergadering, geskille oor beslissings en stemprosedures, en gevalle waar magte wat aan die Huis behoort, vanuit die Voorsittersstoel uitgeoefen is.
    1 min
  • Damara-vroue vier kultuur, identiteit by nasionale indaba
    Damara-vroue berei voor vir 'n nasionale indaba wat van 4 tot 6 September in Windhoek sal plaasvind. Die byeenkoms bring 38 groepe van dorpe dwarsoor die land bymekaar, en sal sowat 1 000 mense oor drie dae akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die geleentheid, Steffie Skrywer, gepraat wat sê dit bied 'n platform om kulturele identiteit, tradisionele kennis, taal, kleredrag, musiek, dans, kos en gebruike te vier, terwyl dit groter deelname deur die jonger geslag aanmoedig.
    1 min
  • Herrie op Swakop oor voorgestelde honde-beleid
    Die Swakopmund-munisipaliteit stel voor om die maksimum aantal honde wat per geregistreerde eiendom toegelaat word van vier na twee te verminder. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die munisipale woordvoerder Linda Mupupa verduidelik dat die voorgestelde beperking streng per geregistreerde erf geld eerder as per huishouding. Diere moet ook geënt en gesteriliseer word. Mupupa het troeteldiereienaars verseker dat bestaande honde gehou kan word.
    1 min
  • Swapo het onbevoegde Speaker aangestel; Amupanda
    Die AR-leier, Job Amupanda, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, daarvan beskuldig dat sy ongeorganiseerd en onbevoeg is om die parlement te lei, en gesê haar leierskap dra by tot die instelling se probleme. Tydens 'n AR-perskonferensie vandag in Windhoek het Amupanda Swapo daarvan beskuldig dat hy 'n ongeorganiseerde persoon gestuur het om die instelling te lei.
    1 min
  • Stropers 'stig veldbrande, slaan elders toe'
    Teenstropery spanne in die Omaheke-streek waarsku dat stropers veldbrande stig om nooddienste van teikenplase weg te lok. Rickus Spangenberg van die K9 Anti-Poaching Unit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy spanne brandbestrydingstoerusting ontplooi om boere te help, die gevolglike chaos maklike geleenthede vir stropers skep.
    1 min
  • Oud-Valke-hoof erken sakeman Malcolm X was informant
    Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie bevestig die sakeman Malcolm X was 'n informant. Lebeya het aanvanklik geaarsel voor hy toegegee het. Die bevestiging volg na die klopjag op die sakeman Katiso "KT" Molefe se huis. Malcolm X het voorheen ontken dat hy 'n polisie-informant was. Lebeya sê dit was nie sy bedoeling om hom in die openbaar as 'n informant te onthul nie:
    1 min
  • Ooreenkoms spreek te min oliebedryf-vaardighede aan
    Die plaaslike firma R&J Steytler Consultancy het 'n ooreenkoms met die Beijing-gebaseerde Regene Investment in Windhoek onderteken, om die gaping te oorbrug tussen die vaardighede wat deur onder andere mynbou- en oliemaatskappye gevra word, en wat plaaslike beroepsopleidingsgegradueerdes kan bied. Yubo Wang, die medestigter van Regene Investment, sê die vennootskap sal daarna streef om 'n ekosisteem te vestig om gereedheid en toepaslike aanleg onder die arbeidsmag te verbeter.
    1 min
  • DA Gauteng soek rekenskap van 200 000 BKS-dosisse
    Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540 000 diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757 340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê dit beteken meer as 200 000 dosisse is nie toegedien nie, wat pogings belemmer om die uitbreking te bekamp:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.