Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Regering moet beleid vir klimaatvlugtelinge skep
    Amnestie Internasionaal doen beroep op die Namibiese regering om veilige en wettige meganismes te vestig vir Angolese burgers wat van El Niño-droogtetoestande in suidelike Angola vlug. Die regtegroep waarsku dat ontheemde gesinne wat noordelike Namibië binnekom, haglike lewensomstandighede, sistemiese uitsluiting en deportasies in die gesig staar. Namibië het te doen gehad hiermee in 2021. Yanna Smith het meer.
    1 min
  • GRN moet dieper in sak krap vir behuisingskrisis
    Namibië se behuisingskrisis verdiep, en huiseienaarskap word toenemend 'n luukse wat buite die bereik van gewone werkers lê. KosmosKapitaal berig dat vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee. 'n Nuwe verslag deur Simonis Storm dui daarop dat 'n werker nou ongeveer 44 000 Namibiese dollar per maand moet verdien om 'n verband van daardie grootte te kan bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met Mike Kavekotora, die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming gepraat; hy sê die boukoste van 'n huis is een van die hooffaktore wat pryse buite die bereik van baie Namibiërs stoot.
    1 min
  • G8 Bonsmara veiling het uitstekende genetika
    Die G8 Bonsmara-veiling keer volgende week, Dinsdag, 8 September, terug na die Agra/Bank Windhoek Ring. Dertig bulle word aangebied, waaronder diere van Hartebeestloop, met gratis aflewering binne 'n radius van 200 kilometer. Die G8 Bonsmara-veiling kan ook aanlyn gevolg word via SwiftVee Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, die hoofbestuurder van veilings by Agra, gesels. Hy sê die genetika is van uitstaande gehalte.
    1 min
  • Ses Gautengskole, 1 klopjag, 123 verbode items
    Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, was deel van nog ʼn polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasie by ses skole. Dit bring die aantal skole in die provinsie wat deursoek is op 23 te staan. Woensdag se operasie was by die Sehopotso Secondary School en BoteboTsebo Secondary School in Sebokeng, Residentia Secondary School in Vanderbijlpark, Sapphire Secondary School in Bophelong, en Mahareng Secondary School en Lekoa Shandu Secondary School in Sharpeville. Maile sê hulle het in die jongste operasie op 123 verbode items beslag gelê:
    1 min
  • Khumalo daag Lebeya uit oor klopjag
    Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sandile Khumalo, het die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya uitgedaag oor sy reaksie op berigte van 'n klopjag by sakeman Katiso “KT” Molefe se huis. Khumalo het bevraagteken of daar enige werklike gevaar was nadat hulle bepaal het die mense op die toneel was werklike polisielede. Hy sê die sakeman en Lebeya se informant, Malcolm X, het nie verdagtes of gevaarlike gedrag aangemeld nie. Lebeya het aangevoer sy siening was anders:
    1 min
  • Mense probeer net alles bymekaar hou maar alles gaan op - kenner
    Reaksie word ontvang op die Stad Windhoek se besluit om elektrisiteitstariewe met gemiddeld 3,6 persent vir die huidige boekjaar te verhoog, wat Dinsdag in werking getree het. Individuele tariefkomponente styg met tussen 1,3 persent en 5 persent, terwyl sommige heffings onveranderd bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verbruikersbeskermingsaktivis Milton Louw gepraat.
    1 min
  • AfriForum vra oudit van brandstofprys
    AfriForum het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en eis ʼn onafhanklike oudit van die brandstofprys en -heffing, insluitend die algemene brandstof-, koolstof- en Padongelukkefonds-heffing. Petrolpryse het hierdie maand met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen 2 Suid-Afrikaanse rand-93-sent en 3-rand-15-sent per liter meer kos. Ernst van Zyl van AfriForum sê die tydelike verlaging van die algemene brandstofheffing moet permanent gemaak word, of ten minste heelwat langer duur as die 1 Julie-sperdatum:
    1 min
  • Na drie jaar is daar geen toegang vir dowes by parlement nie
    IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Nasionale Vergadering se versuim om gebaretaaltolke vir regstreekse parlementêre verrigtinge te ontplooi, bevraagteken. Dit kom drie jaar nadat 'n mosie wat die diens versoek het in September 2023 aangeneem is. Die oorspronklike mosie het gepoog om Namibiese gebaretaal te erken en te verseker dat dowe burgers nie van wetgewende debatte uitgesluit word nie. Dit kom terwyl September erken word as Dowe Bewustheidsmaand.
    1 min
  • SAPS dank Feroz Khan af
    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos, te keer. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê aangesien die saak deur verskeie regsprosesse gegaan het, sal die SAPD die howe se besluite respekteer en nakom:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.