Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Kommer oor Recon wat boorwerk wil uitbrei
    Die Kapinga Kamwalye-bewarea in Kavango-Oos het kommer uitgespreek oor die planne van ReconAfrica om sy eksplorasie-voetspoor oor 20 bykomende areas uit te brei. Bewaringsbestuurder Thomas Muronga sê dat enige uitbreiding werklike konsultasie, volle wetlike nakoming en onafhanklike impakstudies moet insluit. Muronga sê dat vorige aktiwiteite plaaslike lewensbestaan en die omgewing negatief beïnvloed het. Hy het die maatskappy aangespoor om deursigtige betrokkenheid met plaaslike leiers te prioritiseer voordat verdere bedrywighede bevorder word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Cran ondersoek ook beskermende maatreëls vir kinders op sosiale media
    Tieners en sosiale media is in die nuus sedert Australië se verbod op sosiale media vir kinders onder 16 en ander lande wat ook die opsie ondersoek. Meta het ook intussen in Kalifornië geskik in ‘n saak waar hy daarvan beskuldig was dat sy platforms verslawend is vir kinders. In Namibië dring Cran aan op praktiese, plaaslike oplossings. CRAN-woordvoerder Mufaro Nesongano het bevestig dat die reguleerder saam met plaaslike operateurs werk om ouderdomsgepaste waarborge te ondersoek – soos beperkings op SIM-kaarte wat op minderjariges geregistreer is. Nesongano het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Dagga, aborsiepille, nyaope by Gautengskole gevind
    Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê 17 skole is tydens polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasies deursoek. Die doel is om dwelms, wapens en ander verbode items uit skole te verwyder. Vyf skole is gister besoek: Baleseng Junior Secondary School, Tiyelelani Secondary School, Ngaka Maseko Secondary School, Holy Trinity Secondary School en FR Smangaliso Mkhathwa Secondary School. Maile sê tydens die jongste operasie het hulle nyaope, aborsiepille en ʼn groot voorraad dagga gevind:
    1 min
  • Malema sê Didiza plaas ANC bo haar grondwetlike verantwoordelikheid
    Die EFF-leier Julius Malema sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het nie haar grondwetlike verantwoordelikhede met onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit nagekom nie. Sy het nie president Cyril Ramaphosa se interdik om die verrigtinge van die Ampsklagkomitee te staak, betwis nie. Die party se mosie van wantroue teen Didiza in die Parlement het gister misluk. Malema het die Speaker daarvan beskuldig dat sy die ANC se belange bo haar grondwetlike verantwoordelikheid in die Parlement kies:
    1 min
  • Wet op Geestesgesondheid seil deur Nasionale Raad
    Die Nasionale Raad het die Wetsontwerp op Geestesgesondheid goedgekeur na die voltooiing van die komiteefase. Geen besware is geopper terwyl die Huis die klousules oorweeg het nie, insluitend bepalings wat deur die Nasionale Vergadering gewysig is. Die Wetsontwerp poog om die Wet op Geestesgesondheid van 1973 te vervang en 'n opgedateerde wetlike raamwerk vir geestesgesondheidsorg en die beskerming van die regte van persone met geestesgesondheidstoestande te bied. Visevoorsitter van die Nasionale Raad, Emma Muteka:
    1 min
  • Meta skik in reuse-saak in Kalifornië
    Die sosialemediareus, Meta, het ná ʼn grensverskuiwende hofsaak ingestem om 287,2-miljard Namibiese dollar aan 48 Amerikaanse state te betaal. Hy word beskuldig dat hy doelbewus kenmerke ontwerp het wat kinders verslaaf maak aan sy platforms soos Facebook, Instagram en WhatsApp. As deel van die skikking ontken Meta enige verkeerde optrede. Kalifornië se prokureur-generaal, Rob Bonta, sê die maatskappy het ingestem om veranderinge aan te bring aan Facebook en Instagram, insluitend tydbeperkings bedags en blokkering snags:
    1 min
  • Registrasie vir SA-produsente vir uitvoer na VAE verleng
    Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59. Aucamp sê die departement is daartoe verbind om Suid-Afrikaanse produsente te ondersteun terwyl hulle na belangrike wêreldmarkte uitbrei:
    1 min
  • Swart vorder goed met eerste Sonskyntoer-titel poging
    Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert Kaminski en Keagan Thomas in, asook Liam Grehan van Ierland. Die verdedigende kampioen, Austin Bautista van Australië, het twee onder baansyfer 68. Swart sê hy is tevrede met sy spel:
    1 min
  • CIF sluit ooreenkoms met vakbond
    Die Konstruksie Industrie-federasie en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie het onderhandelinge oor 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms vir 2026 tot 2028 afgehandel, wat voorsiening maak vir 'n 5 persent verhoging in minimumloonkoerse in elk van die eerste twee jaar. Die ooreenkoms verhoog ook die toelaag vir weg van die huis af werk van 12 persent tot 15 persent, en stel 'n Desember-dienstoelaag in. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ooreenkoms vir promulgasie voorgelê is, maar nog nie in die staatskoerant gepubliseer is nie.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.