Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Maansverduistering: Kyk Vrydagoggend op
    'n Gedeeltelike maansverduistering sal Vrydagoggend plaasvind wanneer 92,6 persent van die Maan deur die Aarde se skaduwee bedek word. Die verduistering sal vroegoggend oor Suider-Afrika sigbaar wees, met die Maan wat 'n treffende rooierige oranje kleur aanneem. Professor Pieter Meintjies, 'n Astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, het die verskynsel aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
    1 min
  • ECB sê boereskemas sukkel met kragnetwerke
    Die Elektrisiteitsbeheerraad het swakpunte in sommige plaaslike elektrisiteitsverspreidingsnetwerke geïdentifiseer. Volgens die raad se 2024/25-infrastruktuurverslag was agt van die 13 boereskemas wat geïnspekteer is, in 'n swak toestand. Die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, Nelson Ashipala, sê die meeste van die sewe myne wat geïnspekteer is, is as bevredigend beoordeel, met Namdeb as die hoofuitsondering en die swakste voor kom. Hy het meer oor die boereskemas.
    1 min
  • Recon se uitslae toon groot potensiaal vir uitbreiding
    ReconAfrica vorder met olie- en gaseksplorasie aanlandig in Namibië se sensitiewe Kavango-bekken, 'n projek wat kritiek ontlok oor omgewingskwessies en potensiële ekonomiese impakte. Die uitvoerende hoof, Brian Rainsborough, het aangekondig dat onlangse toetse in die Huttenberg-formasie natuurlike gas suksesvol na die oppervlak laat vloei het, wat die weg gebaan het vir komende horisontale boorwerk.
    1 min
  • Rwanda het niks met oostelike DRK-geweld te doen nie - Kagame
    Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die bewering dat sy land verantwoordelik is vir die huidige konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en sê dis faksies in die DRK. Sy opmerkings volg ná herhaalde pogings, insluitend die Amerikaanse vredesooreenkoms, om die konflik te beëindig. Kagame sê sy land sal by die konflik betrokke bly solank die bedreiging van die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda bestaan:
    1 min
  • Infrastruktuur: SA-privaatsektor moet tafel toe kom
    Infrastructure South Africa sê die land het te kampe met 'n finansieringsgaping van 1,6-triljoen Suid-Afrikaanse rand vir groot infrastruktuurprojekte. Die hoof van Infrastructure South Africa, Mameetse Masemola, het by die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium Suid-Afrika, wat tans in Kaapstad aan die gang is, gesê munisipaliteite het finansiering nodig om verouderende water-, elektrisiteit-, pad- en afvalinfrastruktuur aan te spreek. Sy sê aangesien die regering 1,1-triljoen-rand vir kapitaalprojekte bewillig het, moet projekte privaat sektorbeleggings lok:
    1 min
  • SA moet munisipaliteite regruk voor hy homself bemark vir belegging
    Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese beginsels van bevoegde bestuur, finansiële dissipline, doeltreffende inkomste-invordering, gereelde onderhoud aan infrastruktuur en gevolge vir wanbestuur en laksheid:
    1 min
  • Geen fondse om droogtegeteisterde Epupa-gemeenskap by te staan nie
    Die Kunene-streek staar 'n verergerende droogtekrisis in die gesig, met kleinvee wat glo daagliks vrek. PDM Nasionale Raadslid Ueutjerevi Ngunaihe sê gemeenskappe in gebiede soos Epupa word toenemend kwesbaar, aangesien baie inwoners swaar op vee staatmaak vir hul lewensbestaan. Ngunaihe sê die Kantoor van die Eerste Minister is ingelig, maar het aangedui dat daar tans nie fondse is om in te gryp nie. Hy het 'n verslag in die Nasionale Raad gelewer.
    1 min
  • Tariewe: Kanada sal vergeld, tot op die dollar
    Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê die doel van handels-onderhandelinge met Amerika was nog altyd om die beste ooreenkoms vir die Kanadese te beding, en nooit ʼn ooreenkoms ten alle koste of teen enige tydsraamwerk nie. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek van krag geword. President Donald Trump het intussen gedreig om op 1 Januarie 2027 nuwe tariewe op voertuie in te stel. Carney sê Kanada sal op 8 September met sy eie tariewe wraak neem:
    1 min
  • GOOD looi Kaapstad oor behuisingsagterstand
    Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand vir 680 000 mense en toenemende onbekostigbaarheid word vererger deur 'n afname in gesubsidieerde behuising, korttermynverhurings en die verkoop van openbare grond aan privaat ontwikkelaars:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.