Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Nuwe Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie kry lof
    Die industrialisasie-ministerie het die Nasionale Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie van stapel gestuur om ondersteuning vir grondvlak-ondernemings te koördineer. Met die informele sektor wat byna 60 persent van die land se BBP bydra en as 'n primêre bron van werk vir die jeug en vroue dien, beoog die nuwe liggaam om pogings van die openbare en private sektor met mekaar in lyn te bring. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, sê dat dit nuwe entrepreneurs sal help om oor te skakel na formele ondernemings. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • LPM baklei in hof teen oud-Keetmans burgemeester
    Die Landless People’s Movement het sy besluit verdedig om voormalige Keetmanshoop-burgemeester Melody Swartbooi uit die raad te onttrek, en sê dat alle interne beleide en wetlike prosedures streng gevolg is. Swartbooi het die party na die hof gesleep om haar verwydering en die aanstelling van die nuwe burgemeester Emrico Blaauw tersyde te stel, en beweer dat sy die behoorlike proses en kennisgewing geweier is. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa bevestig dat die party die aansoek sal teenstaan en sy wettige reg handhaaf om verteenwoordigers te vervang wat nie meer met sy doelwitte ooreenstem nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 2026 Desert Challenge gesetel in Hentiesbaai
    Meer as 125 ruiters van reg oor die wêreld, insluitend Suid-Afrika, Botswana, Angola, Frankryk, Australië en Nederland, is in Hentiesbaai vir die 2026 Desert Challenge uithou-perdewedren en FEI Groep IX Kampioenskappe. Namibië Uithou-amptenaar Michelle Kotze het bevestig dat 'n paneel van 20 lede verpligte veeartsenykundige ondersoeke dwarsdeur die wedren sal uitvoer om perdewelsyn te prioritiseer, terwyl ruiters roetes van 40km tot 120km aandurf. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met Kotze gepraat:
    1 min
  • 38 studente gaan studeer ten volle befonds in Europa
    'n Groep van 38 Namibiese studente het na Europa vertrek om akademiese geleenthede in Europa te benut, terwyl hulle ten volle deur die Europese Unie befonds word. Die studente sal aan universiteite in Duitsland, Oostenryk, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Estland en Spanje studeer onder die EU se Erasmus-plus-program. Die EU-sending in Namibië se woordvoerder, Twaku Kayofa:
    1 min
  • Leeus 'kort kondisionering', maar lek lippe af vir All Blacks
    Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en die Bulle afgereken en die Springbokke in die eerste toets geklop het. Van Rooyen sê hulle kort nog kondisionering:
    1 min
  • Publiek moet koper-, veseloptiese kabel-diefstal help keer
    Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, versoek die publiek om koper- en veseloptiese kabels teen diefstal te beskerm. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê die voortgesette vandalisme en diefstal van telekommunikasie-infrastruktuur behoort elke burger te bekommer. Hy sê die wyer skade ontwrig besighede, gemeenskappe en openbare dienste.
    1 min
  • Ontario-premier tart Trump oor tariewe
    Die verhouding tussen die VSA en Kanada het versuur. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek reeds van krag geword, met Kanadese premier Mark Carney wat sê Kanada sal op 8 September met sy eie tariewe wraak neem. Intussen het deelstaat Ontario se premier Doug Ford gereageer op president Donald Trump se aanmerkings dat Kanada die VSA besteel.
    1 min
  • Suider-Afrika praat klimaat op Swakopmund
    Die 33ste Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitsigteforum is aan die gang op Swakopmund, waar klimaatkundiges, besluitnemers en ontwikkelingsvennote van reg oor die SAOG vergader om die streek se seisoenale klimaatvooruitsigte te bespreek. Werkeminister Veikko Nekundi sê in 'n toespraak die driedaagse forum moet 'n sterk fokus plaas op die versterking van vroeë waarskuwingstelsels om die streek beter teen klimaatrisiko's te beskerm.
    Veikko Nekundi Dinsdag
    1 min
  • Deelname van SA-vroue in tegnologie moet uitbrei
    Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese werksmag en 47,7-persent van die nasionale navorsingsmag. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê jong navorsers beleef steeds struikelblokke terwyl tegnologie-ondernemings in vroue-besit kapitaal-beperkings het:
    1 min
  • Rolspelers in hernubare energie moet na gekoördineerde optrede beweeg
    Die inkomende voorsitter van die Vereniging vir Hernubare Energie-industrie van Namibië, Paulus Mulunga, sê die hernubare energie-bedryf moet van voorspraak na gekoördineerde optrede beweeg. Mulunga sê die doel is om te verseker dat die vereniging nie net die belange van die bedryf verteenwoordig nie, maar ook help om praktiese oplossings en inisiatiewe vir die toekoms van hernubare energie in die land te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.