OFM Artbeat (Kunsteklop)

OFM Artbeat (Kunsteklop)

Download on the App Store

OFM Artbeat (Kunsteklop) episodes

  • Erfenis en verbinding van stryk musici gevier tydens 'SA Strings' konvensie in Bloemfontein
    "Synergy of Strings" is meer as 'n konvensie - dit is 'n viering van erfenis, 'n oproep tot verbinding en 'n visie vir die toekoms van strykers in Suid-Afrika. Of jy nou 'n musiekliefhebber, student, onderwyser of professionele kunstenaar is, hierdie konvensie bied 'n ongeëwenaarde geleentheid om te ervaar, leer en by te dra tot die groei van Suid-Afrikaanse strykmusiek. Vanjaar se tema is die strykkwartet en maak dit dus sin om met Anmari van der Westhuizen, tjellis in die Odeion Strykkwartet te gesels oor vanjaar se SA Strings konvensie wat by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind van 1 tot 4 Mei. Besonderhede is aanlyn by www.sastrings.co.za beskikbaar.
    6 min
  • Step into a ‘New World’ with the Free State Youth Orchestra
    The Free State Youth Orchestra (FSYO) is a key component of the Free State Symphony Orchestra Company. It acts as feeder orchestra for the FSSO and is an essential element of the music-educational pipeline at the Odeion School of Music in Bloemfontein. Its membership comprises senior learners as well as university students. Interim conductor Dingaan Chabalala, Sinfonietta concert master Francois Cilliers and Youth Orchestra concert master Kefentse Motshabi joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about their first concert of the year on the 11th of May. Visit them on Facebook for details: https://www.facebook.com/fsyo1/
    4 min
  • ‘n Viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar met sopraan en klavier
    Teresa de Wit en Lesley-Ann Matthews is vir die 5de keer saam op die verhoog in hul reeks ‘Most beautiful songs’ en vanjaar is dit met die ‘Mooiste Afrikaanse liedere’ om Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Die Odeion in Bloemfontein is gasheer vir die viering op die 8ste Mei en kaartjies is beskikbaar by Quicket. Liedjies waarna die gehoor kan uitsien is onder andere van Laurika Rauch, Stephanus le Roux, Koos du Plessis, Pieter de Villiers en Koos Kombuis. Teresa de Wit sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die besonderse viering.
    4 min
  • 70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier
    ’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop. Belangstellendes kan registreer om meer inligting van die geleentheid te bekom deur ‘n epos te stuur aan [email protected] en om op Facebook te gaan loer https://www.facebook.com/NWU.PUK.Koor/
    4 min
  • Nostalgie met André Schwartz se ‘Gesigte’ tydens Clarens Kunstefees
    Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het ...vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. André Schwartz kuier heerlik in die OFM Kunsteklop saam met Yolanda Maartens om te vertel oor sy produksie by vanjaar se Clarens kunstefees wat plaasvind vanaf 1 – 4 Mei 2025. Kaartjies is beskikbaar by https://www.clarensartsfestival.co.za/
    5 min
  • Vier musiek en letterkunde hierdie Vryheidsdag geërf uit die stryd van ons voorgangers
    Diandra Steenekamp en Peter Taljaard sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor die Secret Artist’s Club se volgende inspirerende program op Vryheidsdag, 27 April. Hierdie unieke geleentheid "The cost of freedom", herdenk die prys wat baie gevangenes van konsentrasiekampe in hul stryd om oorlewing betaal het deur lewe te blaas in die musiek en letterkunde wat met en geërf is uit hul stryd. Kaartjies is beskikbaar by Quicket. Die middag vind plaas by die Oorlog Musuem en Vrouemonument, Bloemfontein.
    6 min
  • Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog
    Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies tot evokatief en weemoedig. Prof Nicol Viljoen sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Art Beat om oor hierdie wonderlike program te gesels. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.
    5 min
  • Hannalie Taute solo-uitstalling: ‘n hergeboorte van nostalgie
    Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein, bied met trots “Euphoria … in sy Gloria”, Hannalie Taute se 21ste solo-uitstalling, aan. Die 19 multi-media kunswerke beeld haar herstiksel van historiese narratiewe uit tot 'n fantastiese nuwe hergeboorte van die sprokiestroumitologie. Die uitstalling is 'n viering van tye wat kom en het ten doel om 'n gevoel van vreugde te wek, iets waarna ons almal tans smag. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om oor die uistalling en haar denkproses te gesels.
    5 min
  • Paasfees uitstalling in Klerksdorp vra wat as die donkie kon praat?
    Die donkie is ‘n sentrale figuur tydens paasfees en sy nederigheid en eenvoud het die B Gallery in Klerksdorp inspirer om die donkie ook die fokus van ‘n besonderse uitstalling te maak. As die Donkie kon praat open 11 April by 6 Michael straat in Klerksdorp en Lizette Havenga nooi almal om die aand te kom ondersteun. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om die besonderse verhaal te deel waar die uistalling ontstaan het. Vind meer uit oor die B Gallery hier: https://www.thebgallery.co.za/about/
    4 min

About OFM Artbeat (Kunsteklop)

From the publisher's feed

Stay up to date with the latest developments in the creative industries, as featured on Mid-Morning Magic.