OFM

OFM

By OFM
Download on the App Store

OFM episodes

  • Kevin Leo bring sy stem en liefde vir sang terug na Suid-Afrika
    As jy Kevin Leo se stem hoor, weet jy dadelik wie dit is. Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger, wat deesdae in Panama, Suid-Amerika, woon, maak hom gereed vir ’n besoek aan Suid-Afrika in Oktober en November 2026. Hy sluit by Ashmund Martin aan in OFM Kunsteklop om meer te vertel oor sy komende optredes, sy musikale reis en die besonderse plek wat musiek steeds in sy lewe inneem.
    Kevin se loopbaan strek oor dekades, maar sy passie vir musiek en sy vermoë om gehore met sy kenmerkende stem te bekoor, bly onveranderd. Baie mense ken hom ook as ons eie “Little Pavarotti” – ’n bynaam met ’n interessante storie wat hy tydens die gesprek deel.
    Van die begin van sy musikale reis tot die ervaring om vandag steeds op te tree, kyk Kevin terug op die pad wat hom gebring het waar hy nou is. Hy gesels ook oor die tydlose krag van musiek en waarom sekere liedjies daarin slaag om mense oor generasies heen aan te raak

    Suid-Afrikaanse gehore kan uitsien na twee besondere produksies tydens sy besoek. Crooner Velvet is ’n huldeblyk aan die goue era van die crooners, met tydlose treffers van musieklegendes soos Frank Sinatra, Dean Martin, Nat King Cole en Andy Williams. Met Kevin se onmiskenbare stem, indrukwekkende visuele elemente en gevorderde klanktegnologie word gehore op ’n nostalgiese musikale reis geneem. Die produksie vier die kunstenaars en musiek wat oor die jare heen ’n blywende indruk op luisteraars gemaak het.
    Met Letters from Panama bied Kevin ’n meer intieme musikale ervaring. Hierdie produksie gee gehore die geleentheid om hom vir ’n private optrede in die gemak van hul eie huis te ontvang en ’n onvergeetlike musikale oomblik met familie en vriende te deel. Met sy veelsydige stem beweeg hy moeiteloos tussen geliefde Afrikaanse en Engelse liedjies, met ’n tikkie Italiaans en Spaans daarby.
    Tydens die gesprek vertel Kevin ook wat gehore in Sentraal-Suid-Afrika van sy komende optredes kan verwag en wat hy hoop hulle ná ’n vertoning sal voel of onthou. Vir hom gaan dit immers oor meer as net die sing van bekende liedjies – dit gaan oor die emosie, die herinneringe en die verbintenis wat musiek tussen mense skep.
    Vir meer inligting kontak Elizma: 0829260293
    6 min
  • Julian Redelinghuys - Hyron Andrews death and team environment
    The cause of death of Lions lock Hyron Andrews has been confirmed following an autopsy in France. The 31-year-old died from an aortic dissection at the team hotel in La Rochelle last Friday. Lions scrum coach Julian Redelinghuys reflects on an emotional week for the squad as the team prepares to face Edinburgh in the United Rugby Championship on Friday night.
    2 min
  • Agter die skerms met Deon Lotz: Die man agter Argos Meyer
    Hy is die skurk wat jy liefhet om te haat maar hoe lyk die man agter Argos Meyer? Ons het met Deon Lotz gesels oor sy rol in Die Toring, die genot om 'n karakter te speel wat dinge doen wat jy nooit sou nie, en die geheime wat nog om elke hoek wag. Van die vibe op stel tot die bankwese wat na verfilming skielik interessant geword het. Deon gee ons 'n kykie agter die skerms.
    Moet dit nie misloop nie: Die Toring, Maandagaande om 21:00 op kykNET, kanaal 144.
    8 min

About OFM

From the publisher's feed

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.