OFM

OFM

By OFM
Download on the App Store

OFM episodes

  • Samukele Kabini - bouncing back after 2-0 defeat to Mexico
    The 2026 FIFA World Cup is officially underway, and for Bafana Bafana, the harsh reality of football’s biggest stage hit home on Thursday night.
    South Africa’s campaign got off to a disappointing start with a 2-0 defeat to hosts Mexico in front of a packed Estadio Azteca in Mexico City, where more than 80,000 passionate supporters created a deafening atmosphere.
    Defender Samukele Kabini admitted it had been a difficult evening but insisted there is still everything to play for in the group.
    1 min
  • Hugo Broos - 2-0 defeat to Mexico in Football World Cup opener
    The 2026 FIFA World Cup is officially underway, and for Bafana Bafana, the harsh reality of football’s biggest stage hit home on Thursday night.
    South Africa’s campaign got off to a disappointing start with a 2-0 defeat to hosts Mexico in front of a packed Estadio Azteca in Mexico City, where more than 80,000 passionate supporters created a deafening atmosphere.
    Following the defeat, Broos felt his side had competed well against the world’s 13th-ranked nation and stressed that the margins at World Cup level are exceptionally fine.
    1 min
  • Matt Gardiner Brings 80s-Indie Pop Heat with New Single "Trouble (Want That)"
    South African pop artist Matt Gardiner is back with a bold new single, TROUBLE (Want That) out now.
    Blending shimmering 80s synths, punchy indie-pop guitars, and brass from UK trumpet player Dan Newell, the track was produced and co-written by Alex Copp alongside Erin Gardiner. It leans into the magnetic pull of a relationship you know is a bad idea and the thrill of leaning in anyway.

    I sat down with Matt to talk about the story behind the song, working with British musicians on the track, and what's next on his journey toward a globally relevant pop sound.
    9 min
  • Vrystaat Kunstefees 2026: Feed/Flesh/Buffering
    Yolanda Maartens gesels met Sibahle Mabaso oor hierdie eksperimentele stuk.

    FEED/FLESH/BUFFERING is ’n eksperimentele, interdissiplinêre uitvoeringsinstallasie wat die emosionele, sielkundige en ekologiese gevolge ondersoek van die lewe binne ’n digitaal-verweefde wêreld. Die werk is gestruktureer rondom drie kernkonseptuele pilare: FEED verteenwoordig die algoritmiese stroom van inhoud en inligting; FLESH verken die toestand van versadiging; en BUFFERING ondersoek gekompromitteerde aandagvermoëns en fragmentasie. Dit nooi gehore in na ’n gekureerde omgewing wat uit e-afval gebou is, waar beweging, klank en liggame binne ’n digitaal-verweefde werklikheid met mekaar in wisselwerking tree.

    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/feed-flesh-buffering/
    7 min
  • Vrystaat Kunstefees 2026: Bahumi and His Magical Voice
    Yolanda Maartens gesels met regisseur Jane Mpholo.

    Bahumi and His Magical Voice is ’n hartroerende teaterproduksie vir jong gehore wat die seunkind en die krag van emosionele uitdrukking vier. Wanneer Bahumi ontdek dat sy stem die wêreld om hom kan verander, help hy sy vriende om te sien dat ware mannemoed in vriendelikheid, eerlikheid en dapperheid lê. Met Katleho Mabote (Showmax, Outlaws) in die hoofrol daag dit skadelike idees oor manlikheid uit en skep ’n veilige ruimte vir seuns om te praat, te voel en gehoor te word.

    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/bahumi-and-his-magical-voice/
    7 min
  • Vrystaat Kunstefees 2026: Die Doolhof
    Yolande Maartens gesels in die KunsteKlop met Nic Beukes, Lorenzo Dampies & Anke Malan.
    Ná ’n kort draai by ’n verlate gebou bevind ’n familie hulself vasgevang in ’n onontkombare nagmerrie. Hulle word dieper in ’n doolhof van geheime en skaduwees getrek en moet veg om te oorleef tydens ’n nag van terreur wat dreig om hul liefde uitmekaar te skeur. Maar met elke nuwe openbaring begin die lyn tussen rede en waansin vervaag en dié wat eens vertrou is, word vyande wat binne die duisternis van die doolhof skuil.

    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/die-doolhof/
    7 min
  • Vrystaat Kunstefees 2026: Private Presley Ballet
    Yolanda Maartins gesels met Dirk Badenhorst van die Mzansi Ballet.

    ’n Vertelling van Elvis Presley se lewe waarin sy mees bekende treffers gevier word, met dansers van Mzansi Ballet en sangers Frederick Fourie en Patience Mahema. Ballet en rock-’n-roll word gemeng in hierdie ballet wat die kompleksiteite van Presley se persoonlike lewe ondersoek, met verwysing na sy militêre diens, wat in die titel Private Presley weerklink, en sy hegte verhoudings met veral die vroue wat sy lewe en musiek sterk beïnvloed het.

    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/private-presley/
    5 min
  • Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar
    Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar.

    Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag.
    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/huis-van-sand/

    ‘n Nuwe Afrikaanse toneelstuk deur Nico Scheepers ondersoek die brose grense tussen familie, geheue en oorlewing. Wanneer Stefan onverwags hoor dat sy ouers op pad is – ná jare se halfsinne en ontwykende kontak – word sy noukeurig gekonstrueerde lewe stilweg ontwrig. Dit is ’n skerpsinnige en herkenbare blik op erfenis … nie net van grond of besittings nie, maar van liefde, skuld en verwyt. Met fyn waarneming en donker humor ontbloot LEEFBAAR die Afrikaner se byna bonatuurlike vermoë om in stilte te oorleef.
    https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/leefbaar/
    6 min

About OFM

From the publisher's feed

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.