OFM

OFM

By OFM
Download on the App Store

OFM episodes

  • Saints on a mission
    OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
    1 min
  • Hoeveel 'baggage' sleep jy saam na jou volgende verhouding?
    Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n onderwerp wat al dikwels in gesprekke oor nuwe verhoudings opduik: daardie sogenaamde “baggage” wat ’n mens uit ’n vorige verhouding kan saamdra.

    Maar hoe weet jy of jy nog emosionele seer uit die verlede saamdra, en hoe maak jy seker dat dit nie jou nuwe verhouding beïnvloed nie?

    Madeleen verduidelik dat ’n mens soms jou eie terapeut moet wees. Net soos wat jy in die spieël kyk voordat jy die huis verlaat om seker te maak jou hare lyk reg en jou klere pas mooi, moet jy ook in jou emosionele spieël kyk.

    Vra jouself af: Is daar dalk iets uit my vorige verhouding wat my seergemaak het en wat ek nou onbewustelik in my nuwe verhouding indra? Is ek besig om my huidige maat te laat boet vir iets wat iemand anders aan my gedoen het?

    Volgens Madeleen is een manier om uit te vind of daar dalk nog onverwerkte emosies is, om te let op hoe jy op sekere situasies reageer. Reageer jy soms baie sterk op iets wat eintlik nie so ’n groot emosionele uitbarsting regverdig nie? En, belangriker nog, hoe gereeld gebeur dit? Is daar dalk ’n patroon, waar jy telkens oor dieselfde soort dinge ontsteld raak?

    Dit is ook belangrik om na jou maat te luister wanneer hulle met jou wil praat oor jou reaksies. As jou maat voel dat jy soms oorreageer op klein dingetjies, is dit dalk die moeite werd om stil te staan en te ondersoek waar daardie emosies vandaan kom. Dit beteken nie noodwendig dat jou gevoelens verkeerd is nie, maar dit kan jou help om beter te verstaan waarom sekere situasies jou so sterk beïnvloed.

    Madeleen beveel aan dat jy, wanneer jy uit ’n verhouding kom en vermoed dat jy nog emosionele “baggage” saamdra, dit kan help om ’n professionele persoon te gaan sien. Selfs net een of twee sessies kan jou help om sekere dinge beter te verstaan en te verwerk voordat jy dit saam met jou na ’n nuwe verhouding neem.

    Want ons almal het ’n verlede, en ons almal dra op een of ander manier ons ervarings saam met ons. Die belangrike ding is om te besef wanneer daardie ervarings steeds ’n invloed op ons het, en om verantwoordelikheid te neem vir ons eie emosionele welstand.
    9 min
  • Golfdag vir 'n goeie doel by Orkney Golf Klub
    Pulane Nel-Sekepe gesels met Tinus Colyn, Beheerliggaamhoof van die Kokke Ondersteunersklub, vir Hoërskool Klerksdorp.

    Hy deel met ons die geskiedenis van die organisasie, hoekom hulle doen wat hul doen, en met groot opwinding vertel hy waarna die mense kan uitsien vir die Golfdag by Orkney Golf Klub. Hy verduidelik waarvoor die fondse gaan, en vra die publiek om betrokke te raak.
    4 min
  • GROOTMAAK VIR DIE LEWE: Kinders het verbondenheid nodig, meer as konstante konnektiwiteit
    Lynette Beer gesels met Yolanda Maartens oor hoe ons ons kinders se selfwaarde in die wêreld moet beskerm van vergelykings, kommentaar en sosiale media 'likes'
    Grense moet duidelik, ouderdomsgepas en so konsekwent moontlik wees.
    Besluit saam oor skermvrye tye, soos etenstyd, huiswerktyd en die tyd net voor slaap.
    Ouers behoort te weet watter platforms hul kinders gebruik, met wie hulle kommunikeer en hoe privaatheid en veiligheid daar werk.
    Moenie elke stil oomblik outomaties met ’n skerm vul nie. Vra jouself gereeld: Gebruik ek nou my foon doelbewus, of bloot uit gewoonte?
    6 min

About OFM

From the publisher's feed

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.