OFM

OFM

By OFM
Download on the App Store

OFM episodes

  • Senior Serenade bedien 700 bejaardes oor Kerstyd met klassieke musiek en geskenkpakkies
    Die 8ste Senior Serenade in samewerking met Pro Strings en vriende, word vanjaar in Bloemfontein aangebied. Hierdie inisiatief maak ’n reuse verskil in bejaardes se lewens, wat dikwels tydens die feestyd alleen is. Verlede jaar was daar 700 begunstigdes wat met geskenkpakkies en musiek bedien is, vir sommige is dit hul enigste kersgeskenk oor die feestyd. Musiek bring ook nostalgie en samesyn wat so belangrik is in die lewe van ouer mense wat so maklik van vergeet word. Sharon de Kock, stigter van Senior Serenade en twee vrywilligers Cherise Louw (13) en Ilané van Wyk sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die betekenis van hierdie projek en ook om die publiek te nooi om betrokke te raak en skenkings te maak. Kontak Sharon gerus by 082 434 7501.
    6 min
  • Ionia Cherry Farm
    OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
    1 min
  • Moet jy praat of stilbly as iets pla?
    As jou maat iets doen wat jou pla, of iets wat jy voel verkeerd is, moet jy daaroor praat of eerder stilbly? Dit is ’n moeilike onderwerp wat Madeleen Steenkamp en Pulane Nel-Sekepe tydens Truth Thursday bespreek.

    Dit kan dalk iets kleins wees wat jou irriteer. Jy besluit om dit liewer nie te noem nie, maar oor die jare bou die frustrasie op totdat dit op ’n dag uitbars. Dan verstaan jou maat glad nie waar dit vandaan kom nie, want jy het vir jare lank niks daaroor gesê nie.

    Maar dit kan ook oor iets ernstiger gaan. Dalk die manier waarop jou maat met ’n ouma praat, en die slegte voorbeeld wat dit vir die kinders stel. Of dalk ’n drankprobleem wat al hoe meer handuit ruk. Wanneer is dit nodig om iets te sê, en hoe pak jy so ’n gesprek aan?

    Madeleen verduidelik hoe belangrik dit is om ’n getuie tot jou maat se lewe te wees. As lewensmaats is ons daar om mekaar te ondersteun, te help en mekaar ook te herinner wanneer daar dinge is waaraan ons kan werk. Ons stap saam deur die lewe, en dit beteken dat ons mekaar die geleentheid moet gee om te leer, te groei en ’n beter weergawe van onsself te word.

    Maar die manier waarop jy iets onder jou maat se aandag bring, kan ’n groot verskil aan die uitkoms maak. As jy aanvallend is en die probleem op jou maat se kop gooi, kan dit maklik daartoe lei dat die persoon verdedigend raak of terugkap. Dan gaan die gesprek waarskynlik nêrens heen nie.

    Madeleen beklemtoon eerder die waarde van die ‘ek’-benadering in plaas van die ‘jy’-benadering. Met ander woorde, praat vanuit jou eie gevoelens en ervaring. Verduidelik hoe iets jou laat voel, eerder as om jou maat te beskuldig of te veroordeel. ’n Sagter benadering kan help dat jou maat werklik hoor wat jy probeer sê, sonder om dadelik in ’n verdedigingsposisie te gaan.

    Want uiteindelik gaan dit nie daaroor om jou maat te kritiseer of te probeer verander nie, maar om daar vir mekaar te wees – ook wanneer dit nodig is om moeilike dinge te bespreek.
    10 min
  • Plaasaanvalle en plaasmoorde is aan die toeneem.
    Plaasaanvalle en plaasmoorde is aan die toeneem. Isabel van Tonder gesels met Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker, oor die brutaliteit daarvan, voorsorgmaatreels, bekamping daarvan en ook optrede tydens en na so 'n aanval.

    Mike Bolhuis gee waardevolle wenke om sinvol met werkers te kommunikeer en raad om nie 'n sagte teiken te word nie.
    57 min
  • Anchen oor "Skadu teen my mure": die dinge wat ons probeer vergeet, maar wat saam met ons bly
    Die jong Klerksdorpse kunstenaar Anchen gesels oor haar nuwe enkelsnit "Skadu teen my mure" ’n eerlike, moderne liedjie oor herinneringe, onsekerheid en die mense wat ’n skadu teen ons mure laat. In hierdie onderhoud vertel sy meer oor die verhaal agter die liedjie, hoe dit die spanning tussen aanbeweeg en vasgevang voel vasvang, en hoekom sy as jong stem in die Afrikaanse musieklandskap nie skroom om emosie deel van haar musiek te maak nie.
    9 min

About OFM

From the publisher's feed

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.