Onverwagse Oomblikke

Onverwagse Oomblikke

Download on the App Store

All Onverwagse Oomblikke episodes

  • Ep. 7 - Eenheid en Hoop: Braam oor Brislin inhuldiging
    In hierdie episode deel Braam sy ervaring van die onlangse bevestiging van Kardinaal Stephen Brislin as die nuwe Aartsbiskop van Johannesburg. Die seremonie, wat op 25 Januarie 2025 by St Benedicts College in Bedfordview plaasgevind het, het kerkleiers, lidmate en gemeenskapslede van regoor die land byeengebring om hierdie belangrike geleentheid te vier.

    Kardinaal Brislin, wat voorheen as Biskop van Kroonstad en Aartsbiskop van Kaapstad gedien het, bring dekades se ervaring en toewyding aan sy nuwe rol. Sy aanstelling deur Pous Franciskus en sy verheffing tot die Kollege van Kardinale het groot betekenis vir die Katolieke Kerk in Suid-Afrika.
    14 min
  • Ep. 6 - "Kwasi-politiek sal nie SA red"
    Die onlangse “Verslag oor Landelike Veiligheid” het nie net gesprekke onder plaaslike gemeenskappe aangewakker nie, maar het ook op die tafel van die Wes-Kaapse kabinet beland. Hierdie verslag, wat gefasiliteer is deur die Sentrum vir Publieke Getuienis, stel belangrike vrae oor die huidige veiligheidsmaatreëls in die landbougemeenskap en die behoefte aan meer sistemiese oplossings. In hierdie onderhoud gesels ons met Dr. Braam Hanekom, Direkteur van Publieke Getuienis, om uit te vind hoe hierdie verslag so ’n invloed gehad het en wat die impak daarvan op regeringsvlak mag wees. Ons wil ook meer hoor oor die rol wat Publieke Getuienis speel in die bevordering van sosiale geregtigheid en betrokkenheid. Verslag oor Landelike Veiligheid
    13 min
  • Ep. 5 - Dít kan gebeur wanneer die kerk opstaan
    SAFCEI het ’n sleutelrol gespeel in die suksesvolle verwerping van die 2.5 GW kernkrag-aanleggingsplan deur Minister Ramokgopa. Hulle het, saam met Earthlife Africa Johannesburg, die wettigheid van die besluit uitgedaag en aangevoer dat daar onvoldoende openbare konsultasie was, wat gelei het tot die terugtrekking van die plan. Braam het vertel van ’n groot, onverwagse oomblik toe hierdie plan teruggetrek is, wat ’n oorwinning vir deursigtigheid en openbare deelname verteenwoordig.
    9 min
  • Ep. 3 - Om geanker in Jesus, groot te droom
    Braam praat in hierdie episode met ons vanuit Graaff-Reinet, waar hul tans besig is met motiveringsgesprekke met jongmense by plaaslike skole. Hy vertel van die krag daarvan om groot te droom en om in Jesus geanker te wees.
    9 min
  • Ep. 2 - 'n Sensitiewe én gehoorsame 7-jarige
    In die meeste plekke in ons land is dit hierdie week yskoud en papnat. Duisende mense verkeer tans in geweldige nood.

    In hierdie episode deel Braam ‘n storie oor sy kleinseun van 7, en hoe dié die nood van ‘n man wat parkering aanwys op ‘n pragtige naïewe wyse raaksien, én aandring daarop om te reageer. Hierdie heilige oomblik is ‘n treffende illustrasie van wat Jesus bedoel wanneer Hy in Matteus 18 praat daaroor dat ons soos kinders moet word.
    13 min
  • Ep. 1 - Gesinslewe in huis én land
    Braam vertel van heilige oomblikke toe hy die president se inhuldiging bygewoon en kort daarna weer kosbare tyd saam met sy gesin spandeer het. Beide het hom 'n gevoel van dankbaarheid vir 'n besondere gesinslewe laat ervaar - ’n gesin by die huis, én ’n gesin van mede landsburgers.
    12 min