Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.
March 25, 201726 Mar'n Kenner van entrepreneurskap bespreek die vooruitsigte vir entrepreneurs vir 2017, asook die sektore waarin die meeste groei verwag word. 'n Vroue-entrepreneur in die wynbedryf deel haar ervarings, en 'n finansiële beplanner beantwoord 'n luisteraarsnavraag oor aanlyn-aandelebeleggings....more25minPlay
March 18, 201719 Mar'n Finansiële kenner beantwoord 'n luisteraarsklagte oor annuïteite, en verduidelik weer hoe die verskillende soorte annuïte lyk en hoe dit as belegging gebruik kan word. 'n Ekonoom werp ook lig op hoe die nasionale begroting opgestel word en wat alles agter die skerms by die tesourie plaasvind....more24minPlay
March 11, 201712 MarWat is 'n sambreelfonds, en watter voordele bied dit aan beleggers in aftreefondse? 'n Skuldberader verduidelik ook hoe belangrik 'n noodfonds vir elke huishouding is, hoe jy aan een kan begin bou, en op watter maniere 'n mens 'n ekstra inkomste kan verdien....more24minPlay
March 04, 20175 MarDie regering oorweeg dit sterk om BTW op brandstof te begin hef. 'n Senior belastingkonsultant sê dit sal verreikende gevolge vir elke verbruiker in Suid-Afrika hê. En 'n eiendomsbelegger kyk na wat beleggers in 2017 in die huismark kan verwag....more24minPlay
February 25, 201726 FebAl hoe meer internasionale maatskappye bied sabbatsverlof as byvoordeel aan hulle werknemers. Hoe lyk die situasie in Suid-Afrika? Hoe kan jy seker maak dat jy nie te veel betaal vir jou aftreefonds nie? En pas op vir gimnasiumkontrakte wat jou onnodige geld uit die sak jaag as jy nie jou nuwejaarsvoornemens nakom nie....more24minPlay
February 18, 201719 FebKenners verduidelik hoe jy voor 28 Februarie belastinggeld op jou beleggings kan bespaar; wat die prosedure is wanneer 'n direkteur van 'n maatskappy uit sy posisie verwyder moet word; en hoe gemaak om te keer dat skuld jou verhouding of huweliksbootjie op die rotse laat beland....more25minPlay
February 11, 201712 FebHet jy genoeg geld gespaar om te kan aftree? In die laaste van die kort reeks oor aftreebeleggings, beantwoord 'n finansiële kenner hierdie vraag. Belasting-risikoversekering kom ook onder die vergrootglas, en 'n arbeidsregkenner praat oor verlof en dít waarop jy geregtig is....more23minPlay
February 04, 20175 Feb'n Finansiële kenner bespreek die beste aftreeprodukte om in jóú spesifieke behoeftes te voorsien; ons vind uit presies hoe 'n skuldberader jou kan help om jou skuldstorm te oorleef; en 'n regskenner verduidelik wat die nuwe wet op die beskerming van persoonlike inligting behels....more24minPlay
January 28, 201729 JanKenners praat oor die vyf grootse foute wat ons maak wanneer ons spaar vir ons aftrede. En daar word gekyk na nuwe tegnologie en elektroniese betalings wat bank- en kredietkaarte uiteindelik kan vervang....more22minPlay
January 21, 201722 Jan'n Luisteraar is bekommerd dat sy finansiële adviseur hom die verkeerde raad gegee het oor waar om sy pensioengeld te belê. Suzaan Steyn se gas beantwoord sy vrae hieroor, en oor wat die kommissie vir 'n finansiële adviseur behoort te wees. Daar word ook gekyk na 'n studie oor die finansiële beplanningspatrone van gegradueerde professionele persone....more22minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.