Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 721 episodes available.
July 07, 2024Rand en sent 7 Julie 2024Finansiële adviseur JW Jonker praat oor die belangrikheid daarvan om jou finanises te diversifiseer, en die vaardighede en gesindheid wat nodig is om goeie finansiële besluite te neem. Dit sluit in kennis van begrotings, geldbestuur, wanneer om te spaar of te spandeer, en waarop om te spandeer....more19minPlay
June 30, 2024Rand en sent 30 Junie 2024Ons fokus op die arbeidsregulasies waaraan werknemers en werkgewers moet voldoen....more21minPlay
June 23, 2024Rand en sent 23 Junie 2024Jody Hendricks gesels met Dean Barnard, vanjaar se Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. Dié 40-jarige landbouer boer al 19 jaar saam met sy pa op Waboomskraal in die George-distrik. Hulle verbou hops, pruime, amandels en pekanneute....more21minPlay
June 16, 2024Rand en sent 16 Junie 2024Daar is verskeie redes waarom dit belangrik is om reeds van ’n jong ouderdom af entrepreneurskapsvaardighede vir die jeug te leer. Een van die redes hiervoor is dat hierdie lewensvaardighede ’n deurslaggewende rol speel in elke ander area van kinders se lewe en hulle toekoms. Net soos enige ander lesse of vaardighede, hoe vroeër dit vasgelê word, hoe beter. Dit slyp kinders se karakter en rat hulle vir die toekoms....more22minPlay
June 09, 2024Rand en sent 9 Junie 2024Leon Louw van die Vryemarkstigting praat oor die impak wat ‘n koalisieregering op die ekonomie en burgers se finansies kan en sal hê....more23minPlay
June 02, 2024Rand en sent 2 Junie 2024Suid-Afrika se jongmense is nie net ʼn groep passievolle individue en baanbrekers nie, hulle het ook finansiële veerkragtigheid en die eienskappe van rentmeesterskap. Dis die mening van Wikus Olivier, besturende direkteur by CreditSmart Finansiële Dienste....more23minPlay
May 26, 2024Rand en sent 26 Mei 2024Verskeie internasionale besighede het besluit om Suid-Afrika te verlaat. Die maatskapye sal hulle bates verkoop, en werkers kan moontlik afleggings in die gesig staar. Wat is die redes waarom internasionale maatskapye die land verlaat?...more19minPlay
May 19, 2024Rand en sent 19 Mei 2024Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor al die wette en prosesse wat 'n impak het op 29 Mei se algemene verkiesing....more17minPlay
May 12, 2024Rand en sent 12 Mei 2024Prof. Jurie Van Vuuren praat oor die risiko's verbonde aan entrepreneurskap, nadat ‘n internasionale studie bevind het dat meer as 70% van nuwe besighede binne die eerste twee jaar bankrot speel....more22minPlay
May 05, 2024Rand en sent 5 Mei 2024Die Suid-Afrikaanse ekonomie trek swaar, en vir baie mense beteken dit dat ’n huis van hulle eie hulle dalk nie beskore is nie. Tog meen kenners en adviseurs daar is nie ’n beter tyd as nóú om vir die eerste keer ’n huis te koop nie. Finansiele raadgewer Yolande Botha vertel of dit beter is om eiendom te koop of te huur....more20minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 721 episodes available.