Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
June 19, 2023Regsake 19 Junie 2023Igna Klynsmith en Est-Marié McCallahan praat verder oor die regte van paartjies wat saambly. Peto Milton praat oor ondernemingsredding....more24minPlay
June 12, 2023Regsake 12 Junie 2023Igna Klynsmith paartjies wat saambly, en indien hullw stry sou kry, hoekom hulle nie die voorreg het om wetgewing te gebruik wat op die huweliksreg van toespassing is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor hoekom sy nie ná haar aftrede werkloosheidsversekering kan eis nie....more23minPlay
June 05, 2023Regsake 5 Junie 2023Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor huurooreenkomste. Eiendomsregkenner Völker Kruger bespreek ‘n Australiese hofsaak waar ‘n erfprosie van R136,5 miljoen ter sprake is, en ‘n waarskuwing om nie uit die graf te regeer nie. Hy verduidelik ook wat die hof onlangs beslis het oor ‘n beheerliggaam wat geweier het om ‘n heffingsertifikaat vir ‘n transport te verskaf omdat bouplanne nie in plek was nie....more24minPlay
May 29, 2023Regsake 29 Mei 2023Igna Klynsmith praat oor afknouery by die werksplek, en of iemand afgedank kan word omdat hullr ongewild is. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik hoe kruisondervraging werk....more24minPlay
May 22, 2023Regsake 22 Mei 2023Igna Klynsmith bespreek Igna ‘n saak wat handel oor ‘n lys diere wat volgens wet mee geboer en geteel mag word. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor aandeelhouers van ‘n maatskappy wat besluit het om die direkteur van die maatskappy te verwyder. Spesialisgas Volker Krüger praat oor 'n dispuut oor ‘n fontein in die Wes-Kaapse Sederberg wat in die hof geëindig het....more25minPlay
May 15, 2023Regsake 15 Mei 2023Igna Klynsmith praat oor die verskeie ombudsdienste wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Hy verduielik ook die gevolge van werknemers wat aan afgeleide wangedrag skuldig bevind word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die sage tussen mediese fondse en die Padongelukkefonds....more19minPlay
May 08, 2023Regsake 8 Mei 2023Igna Klynsmith bespreek waterregte, asook die interdik wat verleen is op aansoek van Afriforum teen die EFF en Julius Malema wat hulle verhoed het om private eiendom te betree en te beset. Est-marié McCallaghan praat oor surrogaatskap....more28minPlay
May 01, 2023Regsake 1 Mei 2023Igna Klynsmith bespreek twee luisteraarsbriewe oor lewensversekering. Volker Kruger praat oor die Wet op Onderverdeling van Landbougrond....more24minPlay
April 24, 2023Regsake 24 April 2023Igna Klynsmith gee raad vir mense wat betrokke is by deeltitel-eenhede. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor metodes wat in die reg gebruik kan word om ‘n beskuldigde se bywoning van ‘n verhoor te verseker....more25minPlay
April 17, 2023Regsake 17 April 2023Igna Klynsmith bepreek luisteraarsbriewe wat onder meer handel oor ‘n eiendom wat in ‘n BK geregistreer is met die eienaar as die enigste lid, en wat met die eiendom sou gebeur indien hy tot sterwe kom. Hy bepreek ook salarisaanpassings a.g.v. beurtkrag en die vergoeding van dienste wat nie gelewer is nie. Riëtte Oosthuizen praat oor die regte van ‘n derde persoon t.o.v. ‘n minderjarige kind....more25minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.