Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
April 10, 2023Regsake 10 April 2023Igna Klynsmith verduidelik hoe kwotas toegeken word vir die kag van trofeediere en bedreigde spesies. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor of begunstigdes van boedels ook eksekuteurs kan wees. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stakings – wie mag staak, waaroor en wanneer?...more21minPlay
April 03, 2023Regsake 3 April 2023Igna Klynsmith bespreek die nuwe minimumloon,’n saak oor ‘n korrupte verkeersbeampte en die regte van werknemers ten opsigte van gebeurlikhede soos om na ‘n siek kind om te sien. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff gee raad oor hoe jy jou eiendom teen krediteure kan beskerm indien jy jouself in ‘n finansiële verknorsing bevind....more25minPlay
March 27, 2023Regsake 27 Maart 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n egpaar wat by hulle dogter se huis ‘n woonstel wil aanbou, maar nie wil bou voor die eiendom gedeeltelik op hulle naam geregistreer is nie. Igna praat ook oor dokter en pasiënt vertroulikheid. Volker Krüger praat oor die reg op testeervryheid....more26minPlay
March 20, 2023Regsake 20 Maart 2023Igna Klynsmith praat oor ‘n onlangse saak oor die Wet op Intimidasie wat verkeerdelik in ‘n saak gebruik is. Hy bespreek ook ‘n navraag oor siekverlof van ‘n luisteraar wat vier maande in sy nuwe werkplek is en tien dae siekverlof geneem het, en die werkgewer slegs drie en ‘n half wil toestaan. Vandeesweek se spesialisgas bespreek die werksaamhede van die padongelukkefonds....more22minPlay
March 13, 2023Regsake 13 Maart 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat by haar werk positief getoets het vir dagga en toe afgedank is. Hy praat ook oor die private gebruik van dagga, en of jy kan gaan werk indien jy dié dwelm in jou bloed het. Volker Krüger bespreek die gebruik van vrywaringsborde by kerkbasaars. Hy gee ook raad oor watter stappe 'n mens as organiseerders kan doen om die risiko’s van eise vir byvoorbeeld beserings so ver moontlik te beperk....more24minPlay
March 06, 2023Regsake 6 Maart 2023Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor boedels, afknouery in die werksplek, en hoe om ‘n kooptransaksie stop te sit. Est-Marie McCallahan praat oor handelsbeperking....more25minPlay
February 27, 2023Regsake 27 Februarie 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor wat die wet sê oor lykskending. Hy bespreek ook die nuwe en ou maatskappywette. Arbeidsregkenner Johan Botes verduidelik watter inligting jy oor jouself moet verklaar wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe pos....more26minPlay
February 20, 2023Regsake 20 Februarie 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor wat mens te doen staan indien jou voorhuwelikskontrak nooit geregistreer is nie. Hy praat ook oor ‘n saak wat handel oor ‘n beskuldigde wat self wou besluit in watter hof hy verhoor wou word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse hofuitspraak oor die toekenning van regskoste in ‘n egskeidingsaak....more26minPlay
February 13, 2023Regsake 13 Februarie 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag of daar ‘n beperking op die hoeveelheid jare is wat moet verloop vir ‘n slagoffer van kindermolestering om nog ‘n saak te kan maak. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n persoon wat valslik van rassisme beskuldig is, en praat oor die Wet op die beskerming teen teistering. Strafregkenner Dr. Llewelyn Curlewis praat oor twee aspekte wat altyd in hofsake ter sprake kom....more26minPlay
February 06, 2023Regsake 6 Februarie 2023Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die afhandeling van sy testament. Hy bespreek ook ‘n saak waar SARS ‘n lasbrief bekom het om ‘n belastingbetaler se perseel te deursoek, en hulle toegang geweier is. Claudia Noble-Areff praat oor wat met ‘n familiewoning gebeur wanneer die eienaar sterf....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.