Die volgende onderwerpe word bespreek: Die vereistes vir rehabilitasie na insolvensie; probleme as iemand 'n huis erf, maar daar is geen geld beskikbaar vir die afhandeling van die boedel en oordrag van die eiendom nie; 'n ma met 'n vruggebruik oor 'n huis wat sy en haar seun saam gekoop het en waarin albei woon, wil hom uitskop; hoe kan 'n motor in 'n testament bemaak word as dit in die pa se naam gefinansier is, maar sy seun gebruik dit en betaal die paaiemente aan hom terug?