Die afsettings en oorblyfsels in die Karoo strek na skatting 270-miljoen jaar terug. Voor dit was daar ysriviere en gletsers wat die kenmerkende landskap gelaat het wat ons vandag sien. In Khoi beteken Karoo harde of dorre wêreld. Die koloniste het dit Droogeland, ontleen van Khoi, genoem. Vandag is die landskaperfenis deel van die toerismewaardeketting. Die eienaar, bestuurder, kosman, kroegman, nutsman… almal skep uit die erfenis. Johan Rademan het met vier Karoo-werkers van Karoo1, net buite De Doorns op pad na Touwsrivier, gesels.