Johan van Lill bring hulde aan die bekende skilder, Vader Claerhout, wat in 2006 oorlede is. Hy sou vanjaar sy honderdste verjaardag gevier het. Hy was bekend vir die kwistige kwashale waarmee hy donkies, sonneblomme en Afrika-tonele geverf het, en ook vir sy houtskooltekeninge waarvan daar amper in elke huis een hang. Die oorspronklike onderhoud met Vader Claerhout wat in die dokumentêr gebruik is, is deur Diena Smit opgeneem en in 1993 uitgesaai. Die stemme van die volgende mense word gehoor: Rina Els (jarelange vriendin), Charlene Hern, Floris Kotze, Pieter van Jaarsveld, Henk van de Walt, Ilza Roggeband en Dana Snyman.