Suid-Afrika word wêreldwyd gerespekteer vir die verdraagsaamheid van verskillende gelowe. Die meeste Suid-Afrikaners is Christene, maar lewe in vrede en harmonie saam met derduisende Jode, Moslems, Hindus en aanhangers van tradisionele Afrikagelowe. Navorsing dui egter daarop dat al hoe meer mense sogenaamde alternatiewe gelowe begin navolg in 'n soeke na betekenis in hulle lewe. Mia Malan en Darren Taylor kyk na 'n paar van hierdie alternatiewe spirituele praktyke wat besig is om al hoe gewilder in Suid-Afrika te word.