Die akteur Schalk Jacobsz is op 6 Junie 2016 op 80-jarige ouderdom oorlede. Hy was een van ons grootste stemkunstenaars en het diep spore in die toneel- en filmwêreld getrap. Hy was verlede jaar in die produksie, Reis sonder einde, te hoor as deel van die RSG Kunstefees. Christelle Webb-Joubert gesels met sy vrou, Elma Potgieter, oor sy loopbaan en liefdes.