Die Suid-Afrikaanse naelloper, Thando Dlodlo, is vir twee en ‘n half jaar uit atletiek geskors nadat hy positief vir oormatige testosteroon getoets het. Dlodlo se aflosspan is nou die goue medalje kwyt wat die span in Mei 2021 by die Wêreldatletiek Afloskampioenskap in Pole gewen het. Die monster wat die gebruik van verbode middels toon, is geneem by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskap in April verlede jaar, kort voor die Olimpiese Spele in Tokio. Jody Hendricks praat hieroor met die bestuurder van die span, Danie Cornelius.