Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, gesels oor vier boeke wat sy baie geniet het: GEBOOIE (Rudie van Rensburg), ONRUS OP STEYNSHOOP (Ingrid Winterbach), A SHORT LIFE (Nicky Greenwall) en WEGKRUIPER (Christelle Wessels). AJ Opperman vertel van Annesu de Vos, wat onlangs 60 geword het, en jy kan luister na ‘n kort onderhoud met haar uit 1980. In Johan Myburg se internasionale insetsel vertel hy hoe die herrie rondom ‘n Mej. SA-finalis van Nigeriese afkoms na die boekewêreld uitgekring het, en watter 13 boeke in die deelstaat, Utah, in die VSA verbied is. Hy het ook nuus oor die Turkse skrywer, Elif Shafak, se nuwe roman, THERE ARE RIVERS IN THE SKY. Jy kan ook meer uitvind oor die Kaapsehoop Boekefees, en die NG-gemeente Welgemoed in Kaapstad se Koek en Boek-viering.