Ilse Salzwedel gesels met Madri Victor, ʼn resensent, en Suzette Kotze-Myburgh, die eindredakteur van Chris Karsten se boek ‘N MAN VAN MIN BELANG, oor hierdie belangrike boek. Dit handel oor ʼn onlangse stuk Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal byval vind by aanhangers van populêre fiksie en liefhebbers van letterkunde. Corina van der Spoel en prof. Willie Burger gesels oor ʼn bundel opstelle oor die werk van André P. Brink. Biblioteke is van groot belang in ʼn land waar die leeskultuur kwyn, en Ilse gesels met Sam Cooper, ʼn baie toegewyde bibliotekaris, oor hoe die publiek betrokke kan raak. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is Malangatana van Mosambiek. Johan Myburg vertel meer oor die kortlys van die Man Bookerprys 2013 en spesifiek oor NoViolet Bulawayo, ʼn Zimbabwiese skrywer wie se debuut WE NEED NEW NAMES, ook op die kortlys is. Die verjaarsdagskrywer van die week is Michael Ondaatje, wat vandeesweek 70 word.