Sportmal podcast met Kobus Pretorius

Sportmal podcast met Kobus Pretorius

By Sportmal podcast met Kobus PretoriusSportsTechnology
Download on the App Store

Sportmal podcast met Kobus Pretorius episodes

  • 11: Dis reën, dis wind, dis water en die Bokke wen eers weer later
    Hierdie week gesels ek met Leighton Koopman en Marco Botha oor die Springbokke se terugkeer aarde toe, Elton Jantjies se Bok-toekoms, Duane Vermeulen se leemte en optimisme vir die Rugby Kampioenskap.
    Ons kyk ook na Nieu-Seeland se weghol sege oor Frankryk, Ierland se reeks-sege oor Australië en die stand van rugby se reëls en swak skeidsregters.
    Ons sluit af met 'n kykie na die naweek se terugkeer na Superrugby aksie.
    Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android en SoundCloud.
    1 hr 3 min
  • 10: Deja Vu Bokke slaag nog 'n karaktertoets
    Hierdie week analiseer SuperSport kommentator Marco Botha en rugby skakelbeampte Jaco van Wyk die Springbokke se 23-12 sege oor Engeland in Bloemfontein om die reeks te beklink.
    Ons gesels oor moontlike spankeuses vir die laaste toets en die feit dat dit die laaste toets op die ikoniese Nuweland-stadion gaan wees.
    Beast Mtawarira se 100ste toets word gevier en ons kyk na Schalk Brits se toekoms in die Bok-trui.
    Hardloop tyd:
    Deel 1: Bok-sege en besprekingspunte
    Deel 2: Australië en Nieu-Seeland se uitslae teen Ierland en Frankryk.
    Deel 3: Die Junior Bokke wens brons by die Junior Wêreldtoernooi.
    Beskikbaar op:
    * Apple iTunes
    * Apple Podcasts
    * Overcast
    * Android
    * SoundCloud
    Jy kan my kontak by: [email protected]
    52 min
  • 9: 'n Terugvegpoging vir die boeke: Die begin van 'n nuwe Springbok-era
    Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman en die bekende rugbyafrigter Alan Zondagh oor die Bokke se indrukwekkende sege oor Engeland op Ellispark.
    Na Nieu-Seeland en Australië se seges oor onderskeidelik Frankryk en Ierland debatteer ons die gebruik van geel kaarte, swak skeidsregters en besef opnuut die Wallabies is dalk nie so sleg soos wat ons gedink het nie.
    Ons neem ook die Blitsbokke se suksesvolle seisoen onder oë en kies 'n paar uitblinkers wat in die afwesigheid van 'n paar staatmakers hul hande hoog opgesteek het.
    Daar word afgesluit met die Junior Bokke se vordering by die Junior Wêreldtoernooi en hul kanse om die eindstryd te haal.
    Hardloop tyd:
    Deel 1: Springbokke klop Engeland 42-39 in Siya Kolisi se eerste toets as kaptein (1m 35s).
    Deel 2: All Blacks trap Franse en Australië klop Ierland (25m 55s).
    Deel 3: Die Blitsbokke wen die Parys Sewes en daarmee ook die Wêreld Sewesreeks vir die tweede jaar in 'n ry (34m 45s).
    Deel 4: Junior Bokke se kanse by die o.20 Wêreldtoernooi (43m 11s).
    48 min
  • 8: Rassie se B-span skop af op 'n vals noot
    Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Springbokke se eerste Toets onder Rassie Erasmus, die Blitsbokke se uitdaging in die Parys Sewes en die Junior Bokke se opmars in die Junior Wêreldtoernooi.
    Ons kyk ook na die jongste rugbynuus en waag 'n voorspelling vir Saterdag se vuurdoop teen Engeland.
    Speeltyd:
    Deel 1: Bokke val vas teen Wallis (0m 18s)
    Deel 2: Blitsbokke veg hard vir Sewes titel (12m 12s)
    Deel 3: Junior Bokke looi vir Ierland (21m 44s)
    Deel 4: Algemene rugbynuus (26m 43s)
    Deel 5: Superbru voorspelling (35m 47s)
    43 min
  • 7: Rassie Erasmus vat raak met sy eerste Bok-groep
    Gaste: Dawie Boonzaaier en Marco Botha
    In hierdie week se Sportmal podcast kyk ons terug na nog ‘n naweek van swak uitslae vir Suid-Afrika se Superrugby spanne. Ons vestig al ons hoop op die onoortuigende Lions en fokus op die spanne se swak dissipline. Daarna neem ons Rassie Erasmus se eerste Springbok-groep onder oë en kyk wie’s in, wie’s uit en wie’s die nuwe kaptein. Ons sluit af met ‘n terugblik na Schalk Brits se loopbaan en wonder hardop wat met SuperSport se ondersoek na die Ashwin Willemse sage gaan gebeur. Ons eindig met 'n kort gesprek oor AB de Villiers.
    Hardloop Tyd:
    Deel 1: Superrugby terugblik (02m 15s)
    Deel 2: Rassie se Springbok-groep (11m 30s)
    Deel 3: Schalk Brits, Ashwin Willemse en AB de Villiers (37m 50s)
    53 min
  • 6: AB de Villiers tree uit internasionale krieket
    AB de Villiers het vandag in 'n onverwagse stap sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig. As 'n voormalige krieketskrywer gee ek my mening oor sy besluit en kyk ek terug na sy loopbaan as een van die wêreld se beste kolwers ooit.
    17 min
  • 5: Ashwin Willemse ruk SuperSport en wie is Suid-Afrika se beste vleuels
    In hierdie week se episode van Sportmal kyk ons na die Lions en Sharks se seges die naweek en wonder wat presies vir die Stormers en Bulls verkeerd geloop het.
    Ons bespiegel ook oor die naweek se voorval op SuperSport tussen Ashwin Willemse, Nick Mallett en Naas Botha en die verstommende reaksie op sosiale media.
    Ons gesels oor die Bokke se vleuel opsies, Malcolm Marx se plaasvervanger en kies ons Bok 15-tal vir die eerste toets teen Engeland.
    Ons sluit af met die naweek se Superbru voorspellings.
    Rundown:
    Deel 1: Jaguares t Bulls, Sharks t Chiefs, Lions t Brumbies en Stormers t Sunwolves (01m 37s)
    Deel 2: SuperSport saga, Springbok vleuels en Malcolm Marx se plaasvervanger (18m 42s)
    Deel 3: Vraag en Antwoord, Blitsbokke en Springbok 15-talle (45m 55s)
    Deel 4: Superbru voorspellings (01h 03m)
    1 hr 6 min
  • 4: Springbok tweestryde, losskakel tameletjies en Superbru helpende hand
    In hierdie week se episode van Sportmal bespreek ons die Bulle se indrukwekkende sege oor die Sharks en wonder wat op Nuweland met die Stormers teen die Chiefs gebeur het.
    Ons analiseer ook die naweek se tweestryde en kyk na watter spelers hulle Springbok-kanse versterk het.
    Rassie Erasmus se kiesbeleid word ook onder oë geneem voordat ons vinnig kyk na wat die week in Europese rugby plaasgevind het.
    Running order:
    Deel 1: 00m 35s
    Deel 2: 21m 48s
    Deel 3: 54m 06s
    59 min
  • 3: Die toekoms van Suid-Afrika se Superrugbyspanne
    Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Stormers se indrukwekkende sege oor die Bulls op Nuweland, die Sharks se wen oor die Highlanders en die Lions wat weer kleitrap.
    Ons praat ook in diepte oor die toekoms van Superrugby en of al die Suid-Afrikaanse spanne nie maar in Europa moet gaan speel nie.
    Deel 1: Ons analiseer die naweek se drie Superrugby wedstryde waarin die SA spanne betrokke was. (40s)
    Deel 2: Die toekoms van Suid-Afrikaanse spanne in Superrugby en toekoms van die Sanzar vennootskap. (33m 07s)
    45 min

About Sportmal podcast met Kobus Pretorius

From the publisher's feed

Sport podcast by Kobus Pretorius