Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jy onthou waarskynlik die legendariese karakter Staal Burger, wat in die 60’s Afrikaanse radioluisteraars vasgenael voor die draadloos gehou het. Dié karakter is terug in ʼn splinternuwe radiovervolgve... more
FAQs about Staal Burger:How many episodes does Staal Burger have?The podcast currently has 26 episodes available.
April 02, 2018Staal Burger en die dodelike duikboot (Deel 2)Dada is gegryp en in die duikboot ingeboender. Willem het agterna gespring, die ysige waters in ... maar gelukkig werk Staal-hulle se spesiale selfone ook onder water....more29minPlay
March 26, 2018Staal Burger en die dodelike duikboot (Deel 1)Die Afrikopter kom Staal en sy span dringend oplaai, want een van ons duikbote is in Simonstad gesteel en op pad Namibië toe. Staal-hulle moet een van ons vloot se fregatte by Lüderitz ontmoet om die probleempie op te los, soos net hy kan....more28minPlay
March 19, 2018Staal Burger en die dun blou lynDié week raak Staal baie deurmekaar … Vreeslik deurmekaar, want Staal raak deurmekaar met die politiek en politici en om dinge verder te vererger – met die twee boewe ook nog wat hulle eie pad byster raak met hulle sluwe plan omdat spiritusdampe hulle bedwelm....more38minPlay
March 12, 2018Staal Burger op die spoorIndien julle dalk wonder wat maak Staal en Koos en Willem en Dada en advokaat Gerrie Nel op ʼn trein – hulle ry trein vir ontspanning. Maar, die groot vraag is, is dit enigsins moontlik vir Staal Burger om heeltemal te ontspan? Wel, luister en vind uit …...more29minPlay
March 05, 2018Staal Burger en die museum-muitersStaal Burger is dol oor museums, want jy leer soveel interessanthede oor geskiedenis en die verlede. Maar sy museumbesoek verander al weer in ʼn avontuur as dit blyk dat twee werkers eintlik museum-muiters is …...more27minPlay
February 26, 2018Staal Burger en die klerk van KlerksdorpDie Suid-Afrikaanse Bond van Onbehulpsame Klerke roep Staal Burger se hulp in, want die twee klerke van Klerksdorp is nog meer onbehulpsaam as gewoonlik....more29minPlay
February 19, 2018Staal Burger en die kok van CookhouseNog een van Staal Burger se vele talente is dat hy ʼn bobaaskok is. Hy het ʼn diploma wat hy in een van die top-sjef-akademies in Switserland verwerf het – destyds, toe Gordon Ramsey een van sy klasmaats was. Maar in vandag se episode kry hy nie eintlik kans om te kook nie…....more29minPlay
February 12, 2018Staal Burger en die kom-met-die-busteStaal Burger moet twee gomtorre (wat boonop met torre boer) keer dat hulle nie ʼn tussenverkiesing met hulle torre in die wiele kan ry nie....more28minPlay
February 05, 2018Staal Burger en die clan van ClanwilliamStaal Burger moet Gerrie Nel bystaan teen twee boewe wat die hele rooibosteebedryf in die Clanwilliam-omgewing bedreig. Om die waarheid te sê, ons rooibosteebedryf is dalk op die koffie…....more29minPlay
January 29, 2018Staal Burger en die brak van BrakpanStaal was juis op die punt om die jongste boek oor hondesielkunde te begin lees toe die skype-alarmpie op sy superslim-slimfoon afgaan. Staal Burger se hulp word ingeroep by ʼn hondeskou in Brakpan, waar dinge dreig om lelik skeef te loop....more27minPlay
FAQs about Staal Burger:How many episodes does Staal Burger have?The podcast currently has 26 episodes available.