Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een le... more
FAQs about Stellenbosch Gemeente Preke:How many episodes does Stellenbosch Gemeente Preke have?The podcast currently has 174 episodes available.
March 29, 202629 Maart 2026 || Onverwags | Ontvang || Pieter RoeloffseOns loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien.Om ’n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien wat Sy herstel-plan vir die nuwe, herskepte aarde is: dat genoeg mense die man op die geleende donkie sal volg…want so sal ons die nuwe aarde ontvang....more23minPlay
March 15, 202615 Maart 2026 || Onverwags | Vertroos || André Serfontein“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” - Walter Brueggemann...more28minPlay
March 08, 202608 Maart 2026 || Onverwags | Behoort || Pieter RoeloffseSoms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike....more32minPlay
March 01, 202601 Maart 2026 || Onverwags | Versadig || Heinrich DryOns begin vandag met ’n nuwe reeks: Onverwags, ’n reeks wat handel oor die Saligspredikinge en ook die eerste boodskap van Jesus aan die volk. Ons wil almal salig (geseënd/blessed) wees, die Here se seën ontvang, in Matteus 5 leer Jesus ons wat dit sal kos om Sy seëninge te ontvang.Oor die volgende paar weke staan ons stil, en brei meer uit, oor hierdie Saligspredikinge. Reis saam met ons....more22minPlay
February 22, 202622 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Luister || Deon BothaOns kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies in Joodse geskiedenis omdat dit funksioneer as ‘n geloofsbelydenis en ‘n loflied waarmee God geprys word.- Deon...more30minPlay
February 15, 202615 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Anders || Pieter RoeloffseSoms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon.In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In Eks 33 pleit Moses dat die Here saam met hulle deur die woestyn moet gaan en hulle nie moet los nie.Hy sê in :16 “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”Kom onthou Sondag langs die kontoerlyn van die Nagmaaltafel dat God en Sy lewegewende weg anders is en kom laat toe dat die Gees jou tot hierdie anders-wees beweeg....more30minPlay
February 08, 202608 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Siel || André SerfonteinSiel is ’n woord wat jou hele menswees beskryf…“Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive term for designating the core being of men and women.” - Eugene Peterson...more34minPlay
February 01, 202601 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Saam || Heinrich Dry’n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin!" Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge.Gemeentelewe is verhoudingslewe, en saam ondek ons die waarheid oor onself, ons doel en Ons Vader se pad wat hy met ons stap.” - Heinrich...more24minPlay
January 25, 202625 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Verhouding || André SerfonteinOns ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons bewus van ons diep soeke na konneksie, maar ook ons diep worsteling met belonging.Verhouding is egter ook ’n beskrywing van wie God is: Vader, Seun en Gee in verhouding met mekaar. Hoe kan verhouding ’n kontoerlyn word wat ons prentjie van God verhelder, definisie gee aan spiritualiteit en ons nooi tot betekenisvolle konneksie met mekaar?...more29minPlay
January 18, 202618 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Die skepping || Pieter RoeloffseHier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl ’n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons ’n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping.“In light of the Genesis story, we would say that the possibility of this universe overflowed into actuality as God, the Creative Spirit, uttered the original joyful invitation: Let it be!” Brian McClaren...more43minPlay
FAQs about Stellenbosch Gemeente Preke:How many episodes does Stellenbosch Gemeente Preke have?The podcast currently has 174 episodes available.