Here God, Skepper van alles wat goed en mooi is. Herinner ons vandag weer aan ons menslikheid. Ons staan nie net verwonderd oor alles wat U geskep het nie, ons word ook genooi word om deel te neem aan die herskeppingsproses, en daarmee saam ontvang ons die gawe van Sabbat – om te stop, te rus, en om ons te verlustig in U. Maak ons harte oop om nie net U opdragte te hoor nie, maar die goedheid daarin raak te sien en te ervaar. Herstel weer ons vreugde, O Heer. Amen.