Hoekom het Annelie Botes haar man laat belowe het dat sy eerste kan doodgaan, en wat is alles nog op haar kluitklaplysie? En watter rol het Dalene Matthee in haar lewe gespeel? Annelie en Ilse antwoord ook lesersvrae oor kosfiemies, ‘n moeilike volwasse kind wat nie die nes wil verlaat nie en toksiese familieverhoudings.
Ilse gesels met dié Glam Guru, Hannon Bothma, oor sy liefde vir mooimaak en mooigoed en hulle probeer ook om 'n paar luisteraars se probleme op te los.
Ilse Salzwedel gesels met die reisskrywer Erns Grundling oor sy jongste boek, "Sushi en Shosoloza", sy ervaring van die Wêreldbeker-rugby in Japan, sy Camino-staptog, “friendzoning”, uitbranding en hoe om op ‘n klein begroting te reis.
Ilse gesels openhartig met Deon Meyer oor sy skrywersloopbaan en die M-Net produksie "Trackers" wat op sy boek "Spoor" gebasseer is. En hulle probeer ook om 'n paar luisteraars se probleme op te los.
Ilse gesels openhartig met Lizz Meiring, of Bizzie Lizzie soos sy in die bedryf bekend staan, oor haar interessante en uiteenlopende loopbaan en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.
Kom luister saam na ons nuwe spanningsvolle vervolgverhaal: Dans met die rooi rok! In Dans met die rooi rok stel Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ...
Kom luister gerus na die tweede seisoen van ons gewilde podseningsreeks, Tussen Ons. Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe. Episode 1 word op 8 Oktober uitgesaai.
In die tweede seisoen gesels Ilse Salzwedel verder met interessante bekendes en glanspersoonlikhede, en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los. Ons waarborg ʼn luisterervaring vol deernis en humor! Die eerste episode word op 23 Oktober uitgesaai.
In dié bonus-episode Ilse Salzwedel gesels met Zelda la Grange oor haar lewe saam met Madiba as sy persoonlike assistent.
31 min
About Tee & Taai Toffies
From the publisher's feed
Bekendes gesels openhartig met Ilse Salzwedel oor hul doen en late. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul probleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel self! Ons waarborg 'n…
luisterervaring vol deernis en humor. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos [email protected]