Tee & Taai Toffies
Download on the App Store

Tee & Taai Toffies episodes

  • Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU
    As gevolg van logistieke kwessies gaan daar nie nuwe episodes van Tee & Taai Toffies gedurende die inperkingstydperk vrygestel word nie, maar kom luister intussen na ons nuwe mini-reeks spesiaal geskep vir die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende hierdie onsekere tyd. Die eerste episode is nou beskikbaar!
    1 min
  • Episode 22: Ian Wessels, negatiewe mense & hoe om dankbaar te bly
    Ian Wessels, bekende RSG-omroeper, vertel van sy stryd teen kanker en hoe hy sy positiewe lewensuitkyk behou. ‘n Inspirerende en vermaaklike gesprek met Ilse Salzwedel waarin Ian ook raad gee oor negatiewe mense en hoe om positief en dankbaar te bly te midde van die slegte nuus wat die wêreld om ons skynbaar oorheers.
    1 hr 17 min
  • Episode 21: André Schwartz, vriende in krisis & geliefde troeteldiere
    Die sanger André Schwartz gesels oor sy besondere verhouding met sy ma, sy lewe op ‘n plaas buite Johannesburg en sy versameling troeteldiere. Hy kyk terug oor sy loopbaan, en gesels ook openhartig oor sy lewe met motorneuronsiekte. Hy en Ilse Salzwedel gee ook vir luisteraars raad oor hoe om vriende tydens ‘n krisis by te staan, wat om te doen as jou vriendin nie van jou troeteldiere hou nie en hoe om ‘n lewensmaat te kry om rustiger te leef.
    54 min
  • Ons diere & hul giere: VOORSKOU
    In rrRADIO se splinternuwe troeteldier-reeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldier-kenners oor belangrike onderwerpe wat troeteldier-eienaars dikwels oor wonder. Nuwe episodes word vanaf 2 Maart, elke tweede Maandagoggend vrygestel.
    1 min
  • Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOU
    Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.
    1 min
  • Episode 20: Rolanda Marais, afsydige vriendinne & uitbranding
    Vir Rolanda Marais (wat onlangs te sien was in die internasionale produksie Trackers) was 2019 'n besige jaar vol loopbaanhoogtepunte. Maar dit was ook die jaar waarin sy uitgebrand het. Sy gesels met Ilse Salzwedel oor die belangrikheid van balans,die vreugdes van moederskap en haar rol in Poppie Nongena. Hulle beantwoord ook lesersvrae oor 'n vriendin wat skielik afsydig voorkom, 'n kind wat sukkel om aan te pas by haar graad en 'n tiener wat graag wil gaan drama studeer.
    55 min
  • Episode 19: Madelein Rust, mishandelde dogters en raad vir kankerlyers
    Die bekroonde spanningsverhaalskrywer Madelein Rust gesels openhartig (en met humor) oor haar stryd teen borskanker en haar skryfwerk. En as jy iemand ken wat in haar verhouding of huwelik mishandel word, maak seker hulle luister na hierdie episode, want Madeleine en Ilse gee raad vir ‘n leser wat haar dogter uit so ‘n verhouding wil help ontsnap. Hulle gee ook lekker praktiese raad oor hoe om ‘n kankerlyer by te staan, en wat om te doen omtrent depressie.
    1 hr 1 min
  • Episode 17: Dewald Wasserfall, Lui mans & Lastige kollega's
    Die gewilde sanger Dewald Wasserfall gesels oor sy drie grootste passies: sy gesin, reis en musiek. Hoor watter raad het hy en Ilse Salzwedel vir ‘n leser wie se man skielik besluit het hy wil nie meer kinders hê nie. En hoe gemaak met ‘n man wat nie help in die huis nie, of ‘n lastige manlike kollega?
    51 min
  • Episode 16: Rian van Heerden, Suinige vriende & Irriterende kollega's
    In hierdie episode van Tee en Taai Toffies wys ons jou ‘n kant van Rian van Heerden wat die publiek selde sien. Hy gesels met Ilse Salzwedel oor sy passie vir die waarheid en regverdigheid, die polemiek waarin hy hom al dikwels bevind het en pa-wees. Hulle beantwoord ook lesersvrae. Hoe gemaak met vriende wat skimp vir afslag by jou besigheid, ‘n irriterende kollega en ‘n vriendin wat ‘n affair het en wie se man salig onbewus is daarvan?
    55 min

About Tee & Taai Toffies

From the publisher's feed

Bekendes gesels openhartig met Ilse Salzwedel oor hul doen en late. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul probleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel self! Ons waarborg 'n…