Die digter, C. Louis Leipoldt, was ’n fassinerende, baie individualistiese en – in sommige se oë – selfs ’n eksentrieke man. In die eerste program in ’n reeks van vier oor hierdie groot figuur in die Afrikaanse letterkunde, is daar nie minder nie as drie voorlesers: De Klerk Oelofse, Nicole Holm én Anrich Herbst. Hulle lees gedigte voor uit Leipoldt se debuutbundel, Oom Gert vertel en Ander Gedigte.