Jana Kruger lees gedigte oor reën, wat vir Suid-Afrikaners 'n spesiale bekoring inhou en 'n gans ander betekenis kry, veral in 'n tyd wanneer groot dele van die land gebuk gaan onder droogte. Jy kan uitsien na gedigte deur C. Louis Leipoldt, Nini Bennett, Hilda Smits, Petra Müller, Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe en Ingrid Jonker.