In hierdie spesiale uitsending van VERS EN KLANK vier ons Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Johann Nel, Elsabe Daneel en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Wynand Retief, Sheila Cussons, Antjie Krog, Adam Small, Lina Spies, Jeanne Goosen, Eveleen Castelyn, NP van Wyk Louw, Diana Ferrus, Donald Riekert, Rene Bohnen, Francilie Hoek, Johann de Lange, Uys Krige, Daniel Hugo, Bernard Odendaal, Fanie Olivier, Clinton V. du Plessis en Rien Joubert.