Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 720 episodes available.
July 09, 2019Vers en KlankLuister na gedigte oor musiek van Jolyn Philips, Bibi Slippers, W.L. van der Merwe, T.T. Cloete, Loftus Marais, Ilse van Staden, Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Sheila Cussons en Johann de Lange, soos voorgelees deur Tinarie van Wyk Loots....more26minPlay
July 02, 2019Vers en KlankChris van Niekerk lees gedigte voor oor DONKER EN LIG. Die werk van Tessa Louw, Daniel Hugo, Christine Barkhuizen-le Roux, Antjie Krog, Nini Bennett, Johann de Lange en Breyten Breytenbach kan gehoor word....more32minPlay
June 25, 2019Vers en KlankJy kan luister na gedigte in die vorm van BRIEWE. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges....more27minPlay
June 18, 2019Vers en KlankKom luister na gedigte wat handel oor die JEUG. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden....more32minPlay
June 11, 2019Vers en KlankOns luister na gedigte oor VADERS. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie....more35minPlay
June 04, 2019Vers en KlankKom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser....more25minPlay
May 28, 2019Vers en KlankLuister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en lees self die gedigte voor....more29minPlay
May 21, 2019Vers en KlankWaldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel DIE VAL. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is 'n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in....more24minPlay
May 14, 2019Vers en KlankLuister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid van neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe....more26minPlay
May 07, 2019Vers en KlankJoanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood....more29minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 720 episodes available.