Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail ... more
FAQs about VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017):How many episodes does VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) have?The podcast currently has 31 episodes available.
February 24, 201821. Hoofstuk 17: VerkleiningsvormeEpisode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -tjie; -'tjie; -etjie; -kie; en -pie. In hierdie episode word die verskillende tipes woorde waar hierdie morfeme gebruik word, bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more7minPlay
February 04, 201820. Hoofstuk 16: Trappe van vergelykingEpisode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en bespreek dan die agt reëls wat in hierdie AWS opgeneem is. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more9minPlay
January 26, 201819. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vasEpisode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet skryf. Ons gesels oor die algemene beginsels en praat in groter detail oor samestellings in Afrikaans. Hierdie episode behoort jou te help om die reëls in die AWS maklik te kan toepas. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more37minPlay
January 22, 201818. Hoofstuk 14: MeervoudeEpisode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In hierdie episode gesels ons oor die meervoudskonstruksie en wys op allerhande interessante uitsonderings. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more25minPlay
January 22, 201817. Hoofstuk 13: LeestekensEpisode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk en hoe die Taalkommissie hom saamgestel het. Daarna word elk van die leestekens bespreek en met talle voorbeelde toegelig. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more55minPlay
January 22, 201816. Hoofstuk 12: KoppeltekenEpisode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more14minPlay
January 02, 201815. Hoofstuk 11: KonsonanteEpisode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans. VivA se webwerf · Afrikaanse woordelys en spelreëls · Taalkommissie · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more27minPlay
December 20, 201714. Hoofstuk 10: KappieEpisode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die onderliggende beginsels met betrekking tot die gebruik van die kappie in Afrikaans. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more6minPlay
December 19, 201713. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinlettersEpisode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam te vat. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more28minPlay
December 03, 201712. Hoofstuk 8: GravistekenEpisode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. Hoe spreek 'n mens die woord "gravis" uit? Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? In watter gevalle gebruik ons die gravisteken? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more5minPlay
FAQs about VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017):How many episodes does VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) have?The podcast currently has 31 episodes available.