Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail ... more
FAQs about VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017):How many episodes does VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) have?The podcast currently has 31 episodes available.
November 10, 201711. Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simboleEpisode 11: Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole (Jana Luther en Frikkie Lombard). In die elfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word leiding gegee oor die skryfwyse van woorde en woordgroepe waarin syfers, getalle en simbole as komponente van soortname optree. (Onthou om ook te luister na episode 26g, wat handel oor Bylae G: die SI-stelsel.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more16minPlay
November 10, 201710. Hoofstuk 6: DiftongeEpisode 10: Hoofstuk 6: Diftonge (Jana Luther en Gerhard van Huyssteen). In die tiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word diftonge (oftewel tweeklanke) bespreek. Hoofstuk 6 is die kortste hoofstuk in die AWS. Wat is die noodsaak vir dié hoofstuk? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more4minPlay
September 15, 20179. Hoofstuk 5: DeeltekenEpisode 9: Hoofstuk 5: Deelteken (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). In die negende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die deelteken bespreek. As jy vergeet om die deelteken te skryf by woorde waar dit verpligtend is, kan dit jou in die verleentheid bring. Wanneer is die deelteken verpligtend en wanneer juis nie? En in watter gevalle dra die deelteken by tot betekenisonderskeiding? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more17minPlay
September 15, 20178. Hoofstuk 4: AkuuttekenEpisode 8: Hoofstuk 4: Akuutteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die akuutteken onder die loep geneem. Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? Wat is die verskil tussen "na" en "ná"? En skryf ek "héílig" of "héilig" as ek die woord in 'n sin wil beklemtoon? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more5minPlay
September 14, 20177. Hoofstuk 3: AfkortingsEpisode 7: Hoofstuk 3: Afkortings (Jana Luther en Phillip Louw). In die sewende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die reëls en riglyne vir die algemeen erkende afkortings van Afrikaans bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more14minPlay
July 30, 20176. Hoofstuk 2: AfkappingstekenEpisode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in Afrikaans en Engels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more5minPlay
July 30, 20175. Hoofstuk 1: Afbreek van woordeEpisode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde aan die einde van die reëls afbreek? Ons bespreek ook die belangrikste beginsels met betrekking tot woordafbreking ("hyphenation"). Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more6minPlay
July 30, 20174. Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van AfrikaansEpisode 4: Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans (Gerhard van Huyssteen). In die vierde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans bespreek. Drie vrae word beantwoord: (1) Vir wie is die grondbeginsels belangrik?; (2) Waar kom die grondbeginsels vandaan?; en (3) Hoe werk die grondbeginsels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more35minPlay
July 30, 20173. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgidsEpisode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more9minPlay
July 28, 20172. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns...more33minPlay
FAQs about VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017):How many episodes does VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) have?The podcast currently has 31 episodes available.